by

AL WEER DIE HARE

Mei 24, 2011 in Sonder kategorie

Ek gaan nou vanmiddag gou-gou salon toe om my hare te laat knip. In hoeverre ‘n mens dit nou ook ‘n knip kan noem. Want my hare is seker nou so 6cm lank, maar dit staan soos ‘n verskrikte krans om my kop. Nou wil ek net hê my vriendin moet dit so ‘n bietjie langs die kante knip sodat dit meer na ‘n styl lyk. Ek’s ‘n bietjie angstig oor die knip. Mens sou sweer dis nie dieselfde persoon wat ‘n bietjie meer as ‘n jaar terug na dieselfde salon gegaan het om haar hare af te skeer nie. Sonder om ‘n oog te knip of te veel trane te stort. Want nou’s my hare darem baie kosbaar!

Niemand sal seker glo hoeveel komplimente ek vir my hare kry nie. Asof ek gekies het om dit so te laat sny. En dikwels: oh, you’ve cut your hair! Ek is nog steeds nie seker hoe om daarop te reageer nie… Dankie, maar eintlik groei hulle nou?

Verder het ek gister vir my perdesjampoe gaan koop. My hare krul bietjie minder, maar ek lyk steeds na ‘n poedel wat ‘n slegte salon job gehad het. Ek hoop maar die oop kolle groei nou toe. Dit maak die kinders bang as hulle die antie se kopvel so kan sien deurskyn.

5 antwoorde op AL WEER DIE HARE

  1. lora2me het gesê op Mei 24, 2011

    Ek hoor perdesjampoe werk so goed. Wel, kyk net hoe goed lyk Jennifer Aniston se maanhare! Hare is altyd ‘n mission om reg te kry.

  2. elizac het gesê op Mei 24, 2011

    Ek hoor ook so. Het nog net nie die bewyse gesien nie!

  3. TS het gesê op Mei 24, 2011

    Ek het so bottel perdesjampoe gekoop en was dit nou ‘n teleurstelling. Ek dink ek sou vinnige leer runnik as wat dit iets aan my haartjies gedoen het. Jy moes gepraat het dan kon jy myne kry.

  4. elizac het gesê op Mei 25, 2011

    Ek’t sommer die R31 bottel gekoop by ons plaaslike boerewinkel… Ek soek my hare ook daar by my kieliebakke!

  5. elizac het gesê op Mei 25, 2011

    Ai, ek hoop maar dit werk vir my. Hierdie kroeskrulle kry my onder!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.