by

ARCADIA HOME SHOPPING

Mei 22, 2011 in Sonder kategorie

Weet iemand iets van Arcadia Home Shopping af? Ek probeer inligting bymekaar maak, maar hulle webwerf is “tans” van lyn af. Ek vermoed hulle is besig om ‘n ou tannie te verneuk.

Die adres is:

Arcadia Home Shopping (Pty) Ltd

h/v Ou Paarl Weg en Okavango Weg

Brackenfell

7561

Reg Nr 1990/005437/07

Al wat ek tot dusver oor hulle uitgevind het, is dat baie mense klagtes oor hulle het. Dalk is hier iemand wat persoonlike kennis dra?

7 antwoorde op ARCADIA HOME SHOPPING

  1. Maankind2 het gesê op Mei 22, 2011

    Ek het jare gelede egoed van hulle katalogus bestel, sulke plestiek bakkies. Gebruik dit nou nog. Hulle het dinge bietjie beter in die katalogus laat lyk, maar ek het my produkte gekry.

  2. elizac het gesê op Mei 22, 2011

    Dankie vir die inligting. Hulle stuur “gratis geskenke” aan die tannie en sê sy het ‘n kompetisie gewen. Ek het nie al die besonderhede nie, en hulle webwerf help ook nie. Maar dit lyk of hulle van 1990 aan die gang is. So dit kan seker nie te sleg wees nie? Ek hoop van harte dat hulle nie slegte mense is nie!

  3. loudavisi het gesê op Mei 23, 2011

    Weet ongelukkig niks van hulle af nie.
    Ek is seker iemand in die Kaap sal weet.
    Hoop jy kom reg!

  4. raymond 2009 het gesê op Mei 23, 2011

    As jy hulle google sal jy al die klagtes en truuks sien.

  5. TS het gesê op Mei 23, 2011

    Iemand moet gaan kyk?

  6. elizac het gesê op Mei 23, 2011

    Ek het. Sal net graag wil weet wat hulle self sê!

  7. elizac het gesê op Mei 23, 2011

    Netnou word iemand anders ook mislei!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.