by

AG, IS EK NIE GELUKKIG NIE!

Mei 9, 2011 in Sonder kategorie

Joe, ek is darem eindeloos gelukkig! (En met die gelukkig bedoel ek nou soos in lucky). Totaal. Dis nou maar eers Maandag en het ek het reeds kennis gekry dat ek twee miljoen pond geërf het en ek is twee keer deur Mrs Elizabeth Morrison van Engeland gekontak om haar te help om haar man se erfenis aan die armes en die wese uit te deel. Foeitog, sy het terminale kanker en is in Maleisië vir behandeling. Dis nou die rede waarom sy nie self kan help om die erfenis uit te deel nie. Lees net hier:

Hello Friend,

Let me start by first introducing myself properly to you. It may surprise you receiving this mail from me, since there was no previous correspondence between us, my name is Mrs. Elizabeth Morrison from England I am a widow and a devoted Christian, since my husband died, Late Mr. Anderson McWilliams, I have been suffering from arthritics and lately doctors have diagnosed me with terminal cancer which left me with approximately twelve months to live.

I am currently in MALAYSIA for treatment and being looked after by a nurse. Before my husband died, he left some money to the tone of (Seven Million, Five hundred Thousand Dollars) and he made me promised him that it should be used for humanitarian work, please let me know if you are interested in helping me achieve the wish of my husband. I will give you further details upon response.

In His Arms.

Mrs. Elizabeth Morrison

Ag, kyk net hoe mooi: In His Arms. En dis ‘n massiewe bedrag: to the tone of seven million five hundred thousand Dollars. Dink net hoeveel arm studente kan ek met daardie geld help.

 

Miskien moet ek haar laat weet sy moet sommer vir behandeling hier na Suid-Afrika toe kom. Dis heeltemal goed genoeg hier, en moontlik selfs gelykstaande aan die Maleisiese behandeling. Dan kan ons twee hier ontmoet en kan sy die geldjie sommer self uitdeel terwyl sy behandeling kry.

 

Wonder net hoekom die Engelse tannie Dollars geërf het?

NS As ek nou vieslik was, kon ek gewens het dat hierdie persoon werklik kanker kry. Mens spot nie met siekte nie.

8 antwoorde op AG, IS EK NIE GELUKKIG NIE!

  1. TS het gesê op Mei 9, 2011

    Ja sulke foefies maak my ook nukkerig

  2. loudavisi het gesê op Mei 9, 2011

    Hulle is so lekke stupid!
    Hoekom wil sy hulp uit SA kry om haar geld te distrubeer? Belaglik! Haar prokureurs moet dit mos doen…

    HAHA!

  3. tigresscap het gesê op Mei 9, 2011

    Gelukkige jy! Uit al die miljoene mense is jy die gekose een…. ha ha!!

  4. elizac het gesê op Mei 9, 2011

    Is dit nie ongelooflik nie?

  5. elizac het gesê op Mei 9, 2011

    Ag, en hier dog ek sy kan doen met my hulp! My familie het ook aangebied om te help…

  6. elizac het gesê op Mei 9, 2011

    Ek het amper ‘n slegte wens uitgespreek, maar my toe ingehou.

  7. HeavyHenry het gesê op Mei 10, 2011

    Is sy Morrison, of McWilliams?

    *grin*

  8. elizac het gesê op Mei 10, 2011

    Nooit! Sy’s dan so ‘n goeie Christenvrou! 😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.