by

BOEGOETEE EN KAT

Mei 6, 2011 in Sonder kategorie

Mmm, sluit ek nou vanaand my aand heerlik rustig af met ‘n koppie boegoetee en die kat op my skoot. Net soos die dag begin het. Het vanoggend opgestaan met die uitsluitlike gedagte dat ek vandag net gaan fokus op dit wat ek wil doen. Op my te doen lysie was die haasfoto’s vir die Caltex White Rabbit kompetisie (my geliefde se idee, maar ek moet die uitvoering doen), ‘n abstrak vir ons eie “internasionale navorsingskonferensie” in Augustus en ‘n kort toespraak wat ek môre by ‘n vrouetee moet doen.

Die haasfoto’s het nogal tyd geneem. Uit paranoia het ek dit onder die geliefde se naam geplaas, want ek wil regtig nie massas pos van Caltex af kry nie. Hier is my gunsteling:

Die oom maak pophuise daar by Zoar en ons het stilgehou om enetjie te koop vir die peetkind. En toe sommer die hasie laat poseer. Die oom het gedink dit is baie snaaks.

En dan natuurlik die wenfoto:

Ongelukkig dink ek die Caltexmense sal hierdie foto sensor.

En terwyl ek so besig is met die foto’s, dag ek: wil ek regtig aan twee kongresse deelneem hierdie jaar? Wil ek werklik daardie stres hê? Die antwoord is natuurlik nee. Toe besluit ek om nie die abstrak vir die kongres te skryf nie (dit moes vandag in wees). En direk daarna het ek weer van plan verander en wel die abstrak geskryf.

En ek het darem ook die toesprakie geskryf gekry. As deel van my plan, gaan ek ‘n pragtige antieke bordjie met ‘n hamer stukkend slaan. Ek verwag om baie geskokte uitroepe te kry!

8 antwoorde op BOEGOETEE EN KAT

  1. TS het gesê op Mei 7, 2011

    Wens ek kon na jou kom luister! Dis gaan spesiaal wees.

  2. Maankind2 het gesê op Mei 7, 2011

    Jy sal maak dat ons Zoar toe ry vir ‘n pophuis!

  3. Geitjie1 het gesê op Mei 7, 2011

    Hou vannie wenfoto! Die haas is spesiaal, daai pienk ore doen dit vir my!

  4. HeavyHenry het gesê op Mei 7, 2011

    Nice Foties!

  5. elizac het gesê op Mei 7, 2011

    Dankie.

  6. elizac het gesê op Mei 7, 2011

    Giegie! Lyk vir my meer na ‘n teddiebeer met lang ore!

  7. elizac het gesê op Mei 7, 2011

    Ek sou dink dis die moeite werd! Net R480 vir hierdie lieflike pophuis. Die finale produk het nog vensters ook!

  8. elizac het gesê op Mei 7, 2011

    Dankie. Ek hoop maar die mense het verstaan. Die vrou wat die finale produk(‘n hangertjie gemaak van die stukkende bordjie) gekry het, was baie bly daaroor.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.