by

VINNIGE INLOER

Mei 4, 2011 in Sonder kategorie

Mmm, ek loer net vinnig in. Meimaand is heeltemal te besig (dis my Desember) en chaoties om al die gedagtes in my kop neer te pen. Wens hulle wil ‘n ding uitvind waar ek net op ‘n opnemertjie kan praat op pad werk toe en dan kan ek dit by my rekenaar inprop en dit laai die woorde af. Getik. Of is daar al so iets? Ek’s mos nou op die ouderdom waar ek nie meer kan byhou met al die nuwighede nie. My kop is net te vol.

So besig was ek tot dusver, dat ek nog glad nie by die biblioteek was nie. Ek, wat so twee boeke per week lees. Ek lees darem intussen aan Have a new husband by Friday van Dr Kevin Leman. En dan lees ek ook aan die skryfsels hier op die blogs. En wat die manne te sê het. So tussen Dr Leman en sommige van die blogmanne, wil-wil ek my net vererg. Waarom dink mans dis VROUE wat moet verander, maar dat mans nie kan verander nie? So ek moet aantrek sodat mans nie deur my verlei kan word nie. Bring die burkah! (Nie dat dit daardie vroue teen mishandeling en verkragting beskerm nie)

Wag, laat ek my tikvingers tot stilstand bring. Netnou sê ek iets wat kon gebly het. Mens moet altyd in gedagte hou: antwoord ‘n sot nie na sy sotheid nie.

Groetnis

6 antwoorde op VINNIGE INLOER

  1. Modigliani het gesê op Mei 5, 2011

    Party selfone het so ‘n funksie… en sekere “dictaphones” 🙂

  2. Maankind2 het gesê op Mei 5, 2011

    Ek verstaan nooit as mense sê huklle het nie tyd om te lees nie.

  3. elizac het gesê op Mei 5, 2011

    Ek gewoonlik ook nie! Maar dit gaan rof. So ek lees net waarop ek my hande kan lê, en dis op hierdie stadium ‘n tydskrif, of my werk, of daai boek oor die husband. As Mei net eers verbykom, dan sal ek weer kans hê vir lekker lees.

  4. elizac het gesê op Mei 5, 2011

    Seker daai BB’s. Myne is nog altyd by CellC…

  5. Modigliani het gesê op Mei 5, 2011

    Nou sal ek moet gaan kyk. As dit die geval is……. dan gaan ek julle mal blog! 😉

  6. Joanna Graham het gesê op Mei 5, 2011

    Hehe. Jy’s kwaad vandag, ne. Maar jy’s reg, ons speel maar nog steeds tweede viool, meeste kere. Ons moet maar net vasstaan en ons hande in ons sye sit.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.