by

ZOLADEX EN GOEIE NUUS

April 15, 2011 in Sonder kategorie

Ek sit vanaand met ‘n reusepleister op my lyf. Dit was ‘n nuwe suster wat die inspuiting gedoen het om die pil onder my vel in te plant en gewoonlik sit hul geen pleister op na die tyd nie. Maar sy het dit goedgedink om een van daardie waterdigte pleisters op te plak. Ek kla nie. Ek sou net daarvan gehou het as hulle ‘n mooi prentjie op my die pleisters geplak het. Dalk een van Bruce Willis? Daai een waar hy so mooi omdraai met net die voorskoot aan in The Two of Us. Sal mens sommer blitsig laat beter voel.

Verder is my bloedtoetse normaal, behalwe dat my witbloedseltelling steeds laag is. Die onkoloog voel geen knoppe of abnormaliteite nie.

En dit is môre amptelik ‘n jaar sedert my eerste chemo. Wat seker beteken dat ek al meer as ‘n jaar hier blog. Het vanaand ‘n glasie of twee daarop geklink. Nuwe navorsing wys dat drank ‘n oorsaak is van kanker in mans, maar nie noodwendig in vroue nie. So: gesondheid!

9 antwoorde op ZOLADEX EN GOEIE NUUS

  1. Ientjie het gesê op April 16, 2011

    Het gisteraand n glasie geklink, saam met jou. Dis wonderlik om te dink dis n jaar wat reeds verby is. Sterkte man!

  2. Ientjie het gesê op April 16, 2011

    Het gisteraand n glasie geklink, saam met jou. Dis wonderlik om te dink dis n jaar wat reeds verby is. Sterkte man!

  3. Ientjie het gesê op April 16, 2011

    Het gisteraand n glasie geklink, saam met jou. Dis wonderlik om te dink dis n jaar wat reeds verby is. Sterkte man!

  4. loudavisi het gesê op April 16, 2011

    Geluk!
    Ek het hoeka gewonder.

  5. TS het gesê op April 16, 2011

    Geluk… ek is sooo bly vir jou!

  6. Maankind2 het gesê op April 16, 2011

    Lig hom hoog, suster! Yes!

  7. elizac het gesê op April 20, 2011

    Dankie.

  8. elizac het gesê op April 20, 2011

    Dankie. En soos Maankind sê: lig hom hoog!

  9. elizac het gesê op April 20, 2011

    A, dankie, onthou net: vir vandag is ek gesond!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.