7e TRAAN (VERVOLG)
Februarie 18, 2011 in Sonder kategorie
Ja, ja, ek kyk nog altyd 7e Traan. So met rukke en stote. Sodra Gita en haar broer verskyn, gaan doen ek eers iets anders.
Maar hoe’s hierdie vir ‘n goeie storie:
Bonita is eintlik Charmaine se langverlore seun… Die dat sy nie van haar hou nie! Te eenders, sien?
Ek sal maar wag vir die tv-gids om te kyk watter treurmare hulle nou weer uitgedink het. Seker een of ander mal mens in haar agtergrond.
TS het gesê op Februarie 18, 2011
Nee wat ek vererg my liewer vir Binnelanders
louisna het gesê op Februarie 18, 2011
Ek ook.
frikve het gesê op Februarie 18, 2011
Hi,
Ek het nie ‘n koek’n clue hoekom ek elke aand na die storietjie kyk nie. Terloops, my naam daarvoor is ook 7-de Traan – great minds nê! My top irritants op daardie storie is Oubaas en Hilda – hel dis traag!
elizac het gesê op Februarie 19, 2011
Ja! Dis ten minste beter as die mal mens wat ek seker is hulle nou weer uitgedink het!
elizac het gesê op Februarie 19, 2011
Ja, hulle raak nou eintlik al karikature van hulself.
elizac het gesê op Februarie 19, 2011
Hulle is so aanhoudend…
elizac het gesê op Februarie 19, 2011
Ek dink ons twee het meer verbeelding as die 7e Traan skrywers!
elizac het gesê op Februarie 19, 2011
Ai, en ek wil so graag iets in Afrikaans kyk. Sonder DieEsTieWie.
elizac het gesê op Februarie 19, 2011
Nee wat, ek is oor my Breytenfase. En 7e Traan is kooktyd. Dan moet ek my kop besig hou met iets. Dink ek sal maar in die toekoms die radio aansit.