by

VAARWEL, BUISE!

Februarie 3, 2011 in Sonder kategorie

Oor ‘n halfuur moet ek by die plastiese sjirurg wees om die buise en die drein te laat verwyder. Halleluja! Dit sou eers om 18:00 plaasgevind het, maar hulle het die afspraak geskuif na half een. Te wonderlik. Dan gaan ek sommer ook sien hoe lyk die nuwe f/boobies. Het nog glad nie na hulle gekyk nie en is nog steeds in verbande toegedraai.

Hierdie operasie is minder traumaties as die eerste een. My man sê ek is sterker. Weet nie of ek werklik sterker is nie, maar ten minste is dinge nie so emosioneel nie. Ten minste wag daar nie weer chemo op my nie. Ten minste weet ek nou wat gaan gebeur. So min of meer. En ten minste probeer ek nie meer so hartsogtelik in beheer wees nie.

Ek praat Maandag met ‘n vrou wat vir my sê: I don’t want to die. En ek kan nie vir haar sê dat sy nie gaan sterf nie, maar ek kan vir haar sê om elke moment wat sy het, te geniet. Selfs die chemokamer. Want dis deel van ons lewe, en of ons nou sit en kerm of sit en jubel, ons moet daar deur.

Party van ons moet die lewenslesse met hamerslae leer.

4 antwoorde op VAARWEL, BUISE!

  1. Ek het gister weer so aan jou gedink. Het by my tannie gaan kuier, wat so saam met jou deur die chemo is. Sy lyk baie goed! Het ook gewig begin optel.

  2. TS het gesê op Februarie 3, 2011

    Ek is bly vir jou Hoop alles sal baie goed verloop

  3. elizac het gesê op Februarie 3, 2011

    Sê groete vir haar! Ek wil tog net nie weer gewig optel nie!

  4. Dit klink soos ‘n nuwe begin….’n nuwe fase wat beter gaan wees, lekkerder en volgeprop met dinge wat jy sommer baie sal kan waardeer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.