NIE GESKIK VIR SENSITIEWE SIELE NIE
Februarie 3, 2011 in Sonder kategorie
Waarskuwing: moet asseblief nie hierdie post oopmaak as jy nie die gevolge van rekonstruktiewe sjirurgie wil sien nie. Hierdie foto’s is net vir mense wat nie gaan naar word of flou val of wat lelike goed gaan sê nie. Want dis my foobs en ek dink dis pragtig.
Halleluja!
Hier is die plastiese sjirurg besig om die verbande af te haal. Ek het al twee keer gewas, maar is nog steeds erg kleurvol.
So het die buise gelyk vir die dreinering. Links is my ou nuwe bors en regs is die nuwe bors.
Kan nie glo dis al so ver nie!
UNPOCO het gesê op Februarie 3, 2011
Maar jy is daardeur en anderkant uit. Nou net vasbyt. Ons is trots op jou. Al lewer ek nie altyd kommentaar nie, kom kyk ek gereeld hoe gaan dit. Sterte!
Maankind2 het gesê op Februarie 3, 2011
Jou foobs is baie mooier as baie, baie boobs!
HeavyHenry het gesê op Februarie 3, 2011
Nice!
TS het gesê op Februarie 3, 2011
ek is bly vir jou dis verby
louisna het gesê op Februarie 3, 2011
Resultaat lyk vir my baie goed en suksesvol.
elizac het gesê op Februarie 4, 2011
Dankie! Dis mooi, ne!
elizac het gesê op Februarie 4, 2011
Nog een operasie, om ‘n rosyntjie op te plak…
elizac het gesê op Februarie 4, 2011
Weet darem nie van altyd nie, maar baie dank ie. Ek dink aan jou en manlief.
elizac het gesê op Februarie 4, 2011
Een dag op ‘n slag. Een tree op ‘n keer. Dankie!
Joanna Graham het gesê op Februarie 7, 2011
Maar jy gaan mos nou weer pronk! Dit lyk of die sjirurg rerig weet wat hy doen, hoor.
elizac het gesê op Februarie 7, 2011
Ja, hy’s baie oulik.