by

EN SO GAAN ONS VOORT

Januarie 21, 2011 in Sonder kategorie

Toe ontmoet ek vandag noodgedwonge vir Siyabonga, wat die tegnikus is by die Hemingsways Cell C-tak. En met die eerste sien, besef ek reeds dat die ligte aangeskakel is. My foon se stem is weg, sê ek. Kan jy iets doen? Hy skud sy kop. Nee, verduidelik hy mooi, dis ‘n skuiffoon, en dikwels raak die kabel tussen die twee skuifgedeeltes foutief en dit veroorsaak dat die foon dan sy stemmetjie verloor. Hy sal die foon Johannesburg toe moet stuur. En hy trek die papiere nader en begin invul en teken en stoot dit oor na my toe. Nou my maggies, seg ek, kon daardie dame van gister nie ook maar die papiere ingevul het nie? En dan kon jy nou vandag by die winkel opgedaag het en gesien het hier’s ‘n foon en jy kan hom nie fieks nie en jy moet hom Johannesburg toe stuur. Dan kon jy my gebel het en laat weet het. Want dan’t ek nou nie nodig gehad om in die Mol rond te hardloop nie. Ek hou nie van Mols nie. Nou hoekom nie? wil hy weet. Want die winkelassistente hier is workers en nie bestuurders nie. Hulle is meestal onbeskof en onbehulpsaam, en die musiek is ook te lawaaierig. Maar ek vertel dit toe nou nie so nie. Ek vertel hom nie van workers en bestuurders nie.

Laat vanmiddag moet ek weer deurry na die Mol om vir Siyabonga te vra om my man se ou foon vir my te fieks, sodat ek my simkaart kan insit. Hy doen dit binne sekondes met ‘n glimlag op die gesig.

Eureka vir Siyabonga! Hy is ‘n bestuurder!

7 antwoorde op EN SO GAAN ONS VOORT

  1. Bravo vir Shiyabonga!

  2. TS het gesê op Januarie 22, 2011

    welkom terug op die lug

  3. Ek het nogal van Siyabonga gedroom, hy was ‘n kok in my droom, ek was verlief op hom, en het vir hom gesê, Work is love made visible, toe frons hy omdat ek gedink het hy weet dalk nie dis Gibran nie.

  4. elizac het gesê op Januarie 22, 2011

    Dankie. Dis ‘n verligting. Ek moet ver ry vir werk.

  5. elizac het gesê op Januarie 22, 2011

    Eits, vir so ‘n Siyabonga! Wat my ‘n idee gee: ek moet my peetkind voorstel aan Kahlil Gibran.

  6. Ek het vandag tweede gekom in ‘n frons-en-ferm-praat debat met Autopage. Dalk moet ek skuif na Siyabonga toe.

  7. elizac het gesê op Januarie 23, 2011

    Lees eers my vorige inskrywing!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.