by

VINNIGE INLOER

Desember 22, 2010 in Sonder kategorie

Buona sera! Guten Abend!

Ja, ons lewe nog, vir die wat wonder. Ek’s te moeg om te blog en kom vanaand vir die eerste keer in ‘n week weer by die rekenaar uit.

Athene was pragtig en Rome nog meer. Tans in Ulm, Suid-Duitsland. Dis koud, maar nie so erg soos op die nuus nie!

More (en verskoon die afwesigheid van kappies ens – hierdie is ‘n Duitse sleutelbord!) ry ons na Meran/Merano in Suid-Tirool. Ons gaan Kersfees saam met die Taljaners vier.

Die hoogtepunt van ons reis tot dusver, was die Katolieke diens in ‘n klein kerkie in Rome. Sommer so toevallig op die kerkie afgekom terwyl ons Sondagoggend deur die strate gedwaal het. Lekker saam nagmaal gehou en amper ‘n internasionale insident veroorsaak, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag!

Is ek ‘n skrywer? Ja! Die hele tyd skryf ek al hierdie dinge in my kop neer… Hiehie!

3 antwoorde op VINNIGE INLOER

  1. TS het gesê op Desember 23, 2010

    Wel vir nou vergewe ons jou, maar as jy terug is moet jy vertel en vertel!

    Geniet elke oomblik en seënwense vir Kersfees

  2. Handevol Kersfeesvreugde vir julle. Wil aansluit by Tina dat osn sal wil hoor hoe dit was,maar wil ook byvoeg en sommer sien ook>

  3. Voorspoedige reis en voorspoedige nuwe jaar!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.