by

OPGEWONDENHEID

Desember 14, 2010 in Sonder kategorie

Djulle, dan’s hierdie antie darem vir djulle opgewonne! Sy moet nog net haar kat by die kathotel gaan aflaai, vir haar laat wimpertjies aansit, en dan is sy reg om by die lughawe afgelaai te word!

Ja, môre vlieg ons via Johannesburg en Kaïro na Athene! Dis nou die ou trippie wat ons Juniemaand sou gedoen het sodat ek by ‘n kongres kon gaan refereer, maar wat toe uitgestel moes word, omdat ek te siek was. Ons moet ons vliegtuigkaartjies gebruik voor 25 Januarie; dus moet ons nou gaan. En nou is die ou reisie nie meer vir werk nie, maar net om lekker te kuier. Ai, ek sien uit!

Vanaf Athene gaan ons na Rome, waar ek nog nooit was nie. Daarna is dit Duitsland toe na my suster en ons peetkind, terug Italië toe vir Krismis (waar ek en my geliefde heerlik in die sneeu op ‘n plaas gaan bly), weer terug Duitsland toe, dan na Montfort l’Aumary (‘n pragtige middeleeuse Franse dorpie) waar ‘n vriendin van ons bly, terug na Duitsland, en dan die laaste paar dae weer terug na Athene. Tussen Krismis en tot na Nuwejaar is dinge redelik planloos, met net so ‘n vae idee wanneer ons in Frankryk gaan arriveer en wanneer ons weer teruggaan. Londense vriende sal ons ook daar ontmoet, en dit gaan ook heerlik wees om hulle te sien.

Intussen staak die Griekse lugvaartkontroleerders vandag en môre… Manlief seg ek moet die lugdiens bel en vra wat hulle gaan maak. Ek seg nee, ons los dit. Ons sal Donderdag sien of ons in Athene arriveer of nie!

Darem een ding wat ek die jaar geleer het: Een dag op ‘n slag, een tree op ‘n keer.

9 antwoorde op OPGEWONDENHEID

  1. katrina het gesê op Desember 14, 2010

    Heerlik! Jy sal dit geniet – al daai plekke is mooi.’n Wonderlike manier om die jaar mee af te sluit! Ek het gehoor van die stakings in Athene, maar ek is seker hulle sal seker tydelike personeel oral hê.

  2. Wonderlik. Gaan geniet jou wit kersfees!

  3. TS het gesê op Desember 14, 2010

    ek is erg opgewonde saam met julle Jy gaan ons seker baie bederf met die mooiste foto’s

  4. Ag julle moet dit geniet!

  5. Great! Ek is bly alles kom nou bymekaar.

    Hoop julle het genoeg tyd om wyd te ervaar.

  6. elizac het gesê op Desember 15, 2010

    Is nie haastig nie. Wil net sit en na die mense kyk!

  7. elizac het gesê op Desember 15, 2010

    Dankie.

  8. elizac het gesê op Desember 15, 2010

    Ek vat die keer nie eens ‘n kamera saam nie! Sal maar my man s’n leen…

  9. elizac het gesê op Desember 15, 2010

    Ja wat, dis ‘n avontuur!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.