by

AI DIE KRISMISBONUSSE!

Desember 13, 2010 in Sonder kategorie

Die sensitiewes onder ons moet my maar vergewe, maar ek betaal beslis geen kersbonus aan die vuilgoedverwyderaars nie. Elke maand moet ek ‘n spesifieke bedrag op my munisipale rekening betaal sodat hulle ‘n salaris kan kry, en as hulle dan die vuilis kom verwyder, lê daar oral nog vuilgoed rond. Hulle tel net die sakke op en maak nie rondom skoon nie. Bonus? Dit word mos reeds betaal! Ek sien nie mense wat na die onderwysers toe loop en vir hulle ‘n geldjie aanbied omdat hulle so mooi na hul kinders omgesien het in die jaar nie…

8 antwoorde op AI DIE KRISMISBONUSSE!

  1. louisna het gesê op Desember 13, 2010

    Tien uit tien. Ek gee ook geen tips vir swak diens nie. Buitendien, mens kry mos nie tips as jy betaal word nie.

  2. TS het gesê op Desember 13, 2010

    nee ek gee dan liewer aan die straatskoonmakers ietsie.

    onderwysers kry darem behalwe hulle salarisse oneindig baie bonusse in die vorm van liefde en goeie uitslae. Daar is darem geen groter bonus as jy die verheldering in die dowwe oe sien as ‘n outjie uiteindelik jou verduideliking verstaan. En dan daai…”Juffrou kyk my rapport!” Jammer hier raak ek sommer in vervoering

  3. elizac het gesê op Desember 13, 2010

    Presies my punt! Niemand gee vir my tips nie!

  4. elizac het gesê op Desember 13, 2010

    Jaja, maar dit betaal nie vir die brood en melk nie!

  5. TS het gesê op Desember 13, 2010

    okay vertel my dan hoeveel geld moet elke kind se ouers dan gee vir die brood en melk? Moet ook sê ek hou liewer skool voor ek die smering afval van die sy paadjie optel… eeeuuuuw daai reuk…

  6. het net die teenoorgestelde diens. tot al ‘n slag klompe ekstra sakke tuinvullis weggevat na Doring se operasie aan sy hand en ek nie kans gesien het om weg te ry.
    maar ja, hulle werk vir salarisse.

  7. elizac het gesê op Desember 13, 2010

    10%? Hiehiehie!

  8. Jip, my vullisvewyderaars kry ook geen e’Christmas vanjaar nie, hulle het heeltemal te veel gestaak en moes ek self die gemors wegry. (Diens waarvoor ek steeds betaal het.)

    My ander irritasie, die skoonmakers van toilette by Ultra Cities en selfs die lughawens wat jou teister vir ‘n tip. (Hulle ontvang salarisse.) Ek skaam my altyd hoe die buitelandse toeriste geteiken word – die beeld van Afrika as ‘n bedelaarskontinent.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.