by

VANDAG…

Desember 10, 2010 in Sonder kategorie

… is ek so ‘n bietjie moedeloos. My man is met tipe twee diabetes gediagnoseer. Dit dreig nou al vyf jaar lank, en hy wil nie hoor nie. So nou is dit amptelik. En ek gooi my speelgoedjies rond, maar ek weet ek kan niks daaraan doen nie. Van hom verwag ek om te gaan nalees oor diabetes en wat hy kan doen om sy liggaam te help. Of hy dit gaan doen, is ‘n ander saak. Partykeer kan slim mense baie dom wees.

En dan dink ek nog: eintlik het ons so ‘n lekker lewe saam. Eintlik gaan dit so goed met ons. Is dit nou die duiwel se manier om ons terug te kry? Het die kanker nou nie goed genoeg gewerk nie? Maar ek weet hier in my binneste: leefstyl. Te lekker leef. Te lekker eet. Nie ophou nie.

Hier het ek al weer nie beheer nie. Nie oor my man nie.

8 antwoorde op VANDAG…

  1. Ons pass ook al ons vet van die braaivleis vir Hartman aan. Ek gril as ek kyk hoe hy dit eet – hy wil ook nie hoor nie!

  2. TS het gesê op Desember 10, 2010

    Baie bekende gevoel… Baie sterkte

  3. sterkte gelukkig is jy ‘n yster van ‘n vrou en ek weet jy sal dit kan hanteer !

  4. elizac het gesê op Desember 10, 2010

    Ek preek nou al hoe lank en dan is ek die vieslike een.

  5. elizac het gesê op Desember 10, 2010

    Dankie. Wens net hy wil beheer neem oor sy eetgewoontes. Dit is omkeerbaar, maar hy sal altyd diabeties wees.

  6. elizac het gesê op Desember 10, 2010

    Ja, so voel ek ook.

  7. elizac het gesê op Desember 10, 2010

    Ek moet net eers deur die gevoel van teleurstelling kom.

  8. elizac het gesê op Desember 10, 2010

    En weet jy, ten spyte van alles en soos jy self seker weet, was dit ‘n wonderlike jaar!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.