by

STORIES

November 19, 2010 in Sonder kategorie

Daar is baie mense op hierdie aarde wat ‘n storie het om te vertel. Om die waarheid te sê, ek dink elkeen van ons het ‘n storie om te vertel. En baie van hierdie stories sou uitstekende storielyne kon wees vir ‘n sepie soos Sewende Laan (ja, ja, ek sal probeer om op te hou hierna!), sonder dat daar enige waansinniges is, of dat mense van hulle koppe afraak. As daar nou een ding is wat ek geleer het, is dit dat mense ‘n besondere vermoë het om verskriklike terugslae te oorleef sonder om die kluts kwyt te raak.

Ter illustrasie, ‘n paar stories:

Vrou staan op Kersdag op. Daar is ‘n klop aan die deur. Staan daar ‘n dame met ‘n kind op die heup: wanneer verlaat jy jou man? Hy het gesê jy en hy gaan die einde van die jaar uitmekaar, maar jy is nog nie weg nie. Egskeiding. Baklei. Vrou los man, koop haar eie huis, gaan aan met haar lewe. Man verloor die vrou wat vir twintig jaar vir hom gesorg het: sy het die slaghuis beman, ekstra geld ingebring, en plaas versorg wanneer hy op “sakebesoeke” was. Girlfriend doen nie die dinge nie. Hy besef wat hy verloor het en begin weer by eks kuier. Hulle gaan vir berading. Hulle trou weer. Vyf jaar later staan dieselfde dame op die stoep met nog ‘n kind: wanneer loop jy dan nou? Jou man het gesê sodra jul kind uit matriek is, dan skei julle, en jy’t nog nie geloop nie. Die keer kry sy niks uit die egskeiding nie. Sy het nooit die voorhuwelikse kontrak gelees nie en sy was getroud buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasbedeling. Sy het ook nie meer ‘n vaste werk nie, want haar eks het gesê sy moet dit los, want dit veroorsaak te veel stres. Sy moet onder begin. Eks gee nie ‘n sent nie – dit wat sy nog kon gekry het, word vinnig deur die familie in ‘n trust gesit. Sy skep haar eie lewe. Die eks-familie bly haar kontak vir raad… Eks het ‘n’ tref-en-trappie in Pretoria en toe hy weer sien, staan tref-en-trap op sy voorstoep: ek’s swanger en hier is ek. Trou met tref-en-trap, maar hou nog altyd vir girlfriend aan. En die storie hou net aan.

Vrou besef na twintig jaar: my man behandel my al jare soos ‘n kind, en ek wil nie meer ‘n kind wees nie. Veral ook omdat sy iemand anders ontmoet het wat haar nie soos ‘n kind behandel nie. Egskeiding. Begin ‘n verhouding met ‘n getroude man. Drama. Een dag aan, en die ander dag nie. Nog steeds vriende met haar eks, wat vir almal vertel hy glo hulle sal saam oud word. Nog detail? Laat my eers stop. Die storie hou nog aan.

Vrou werk by maatskappy waar hulle met allerhande prosedures begin om van haar ontslae te raak. Alles wettig. Die storie hou nog aan.

Man versorg sy geliefde wat HIV positief is. Die werk weier om sy geliefde op die mediese fonds te sit – al mag hulle nie- want hulle is nie getroud nie. Maar dis deur-en-deur diskriminasie, want daar is heteroseksuele paartjies wat saambly en nie getroud is nie, maar hulle kan op mekaar se mediese fonds kom, maar sy geliefde mag nie, want hulle is gay. Niemand sê dit nie, maar die finale handtekening word geweier. Uiteindelik trou hulle voor die magistraat, en nou is daar geen verskoning meer vir die diskriminasie nie. Maar dit is te laat: die virus het reeds die maat se gesig aangetas, en die antiretrovirale middels werk nie meer nie. Hy sterf. Man moet voortgaan met sy lewe. Die storie hou aan.

Vrou sit in chemokamer. Sy huil. Sy het drie kinders aan die dood afgestaan: een van die tweeling was ‘n stilgeboorte; die ander was serebraal verlam. Hy het op 21 gesterf. Haar derde seun en sy vrou is in ‘n motorongeluk dood. Hulle laat ‘n kind van vyf jaar agter, wat saam met haar tante in Nieu-Zeeland gaan bly. Vrou word gediagnoseer met borskanker en kry ‘n dubbele mastektomie. Haar papegaai gaan dood. Haar hond word omgery. Sy word gediagnoseer met longkanker. Sy klou verbete vas aan die lewe. Die storie hou aan.

‘n Jong man van twintig ly aan depressie. Hy pleeg selfmoord en laat sy ouers agter met al die bagasie en vrae. Hulle storie hou aan.

Michele Lesley Jerome (Mike) Smith sterf op 7 November 2010 op ouderdom 48. Hy het kanker gehad. Hulle het hom ses maande gegee, maar hy het baklei ter wille van sy seuns. Vandag is hulle albei uit die skool en werkend, maar hulle onthou ‘n pa met ‘n positiewe ingesteldheid. Hulle lewens gaan aan.

Dan is daar die haarkapper wat besluit sy wil ‘n plekkie by die see hê. En sy trek see toe en begin haar salon en ontmoet die man van haar drome. Haar storie gaan aan.

Klink bogenoemde vergesog? Want elkeen van hierdie stories is die waarheid. En heeltemal dramaties genoeg sonder dat iemand van die trollie afgeval het, of moord gepleeg het, of in die tronk beland het.

Maar die groot storie hier is: dis nie die einde nie. Daar is nie maklike oplossings, soos in Sewende Traan nie. ‘n Storielyn vir ons gewone mense kan nooit ophou nie.

NS Ek het na Sewende Laan se webwerf gegaan en my kommentaar daar gelos – ook skakels na my blogs! Hopelik lees iemand dit en kry ook ander mense se kommentaar van daar.

27 antwoorde op STORIES

  1. TS het gesê op November 19, 2010

    Ek het net prentjies in my kop – nie stories nie

  2. 7de Traan word so geskryf vir sensasie, so ook alle sepies. Dink ook aan The Young and the Breastless.
    Kyk hoe kyk mense vir ander mense wat niks doen nie, survivor, idols, icons, etc etc.
    Dit stop nooit om mense op ale maniere te vermaak nie.

  3. Ek nomineer jou NOU vir hoofdraaiboekskrywer van 7de laan. Of nee wag, nog beter, begin ‘n nuwe sepie, ‘n REGTE sepie met REGTE stories. 7de laan is hierdie nie werd nie.

  4. elizac het gesê op November 19, 2010

    Dankie. Ek dink self so!

  5. elizac het gesê op November 19, 2010

    Maar hul sensasie werk nie – dis verskriklik vervelig! Ek luister liewer na my vriendinne en hul stories!

  6. elizac het gesê op November 19, 2010

    Mmmm, baie stories in die kop!

  7. Wat my opgeval het van 7e Laan, is dat dit baie “topical” is. Die storie word geskryf rondom werklike gebeure, en kan nie veel langer as ‘n week of wat vooruit geskryf word nie.

    Ek het ook gedink sommige van die episodes sou ongeskoolde/minder opgevoede – en ek bedoel nie “maniere” nie – mense kon help om sekere goed – die lewe, basies – wat met hulle gebeur te verstaan, te besef dat hulp beskikbaar is en agter te kom waar om dit te kry.

    Dis nou situasies soos ongewensde swangerskappe, ontrouheid, afpersing, kindermolestering, weggooikinders, Alzheimers en someer, almal DEEGLIK gedek deur die storie.

    Dis dus eintlik ‘n opvoedkundige program – ek is doodernstig – sonder dat baie kykers dit besef. Die inligting is ook baie toeganklik aangesien daar nie iemand is wat moraliseer en slae uitdeel omdat die speler oortree het nie. ‘n Oplossing word egter wel aangebied.

    Wat dit wel ongeloofwaardig maak – en gevolglik kritiek uitlok – is die feit dat al hierdie goed altyd met dieselfde kernspelers gebeur. En dis mos darem nou nie moontlik in die regte lewe nie.

    Wat my aanbetref, verstaan ek dat die draaiboek begroting moet klop, dus kan jy nie 100e spelers roteer nie, alhoewel hulle eintlik nogal ‘n goeie jop daarvan maak.

    Net my 5 sent se waarde.

  8. Nee wat jy het goeie insig. Dis absoluut ‘n opvoedings program en alles waar wat jy sê.
    Hulle sê die kleurlinge identifiseer baie daarmee, die moleste, bendes, onderduimsheid en die simpel oubaas.
    Reg so, weer, die kernspelers doen al die dinge en randspelers kom net by en verdwyn weer.

    Verder is alles so politiek korrek mens word naar daarvan.

  9. Neander het gesê op November 19, 2010

    Politieke korrekte verveling.

  10. elizac het gesê op November 20, 2010

    Ek weet nie van politiek korrek nie. Meer asof hulle veilig speel om tog asseblief nie aanstoot te gee nie.

  11. elizac het gesê op November 20, 2010

    Presies!

  12. *****

  13. qmludvmo het gesê op Mei 7, 2022

    order provigil pills provigil 100mg oral

  14. kxjcls het gesê op Mei 10, 2022

    hydroxychloroquine safe https://keys-chloroquinehydro.com/

  15. lgbyztzt het gesê op Mei 13, 2022

    provigil pill provigil 100mg uk

  16. qnzfagbi het gesê op Mei 18, 2022

    erythromycin 500mg https://erythromycinn.com/#

  17. pzgtvmmq het gesê op Mei 23, 2022

    why Is The Cost Of Cialis Increasing Rapidly?

  18. qcqtjpkl het gesê op Mei 24, 2022

    cheap modafinil 200mg modafinil for sale online

  19. twoqwalj het gesê op Mei 24, 2022

    what If Neither Viagra Or Cialis Work?

  20. souexdob het gesê op Mei 24, 2022

    when Will Cialis Be Available Without A Prescription?

  21. xcjzkjge het gesê op Mei 24, 2022

    what Do The Real Cialis Pills Look Like?

  22. mhukzslo het gesê op Mei 25, 2022

    order modafinil 100mg pills cheap provigil 100mg provigil 200mg without prescription

  23. movgrbxm het gesê op Mei 25, 2022

    order provigil 100mg sale order modafinil 200mg pills

  24. gsdnuoje het gesê op Junie 13, 2022

    plaquenil online canada generic plaquenil 200mg

  25. bvwyguvv het gesê op Junie 20, 2022

    hydroxychloroquine canada online hydroxychloroquine 200mg tab hydroxychloroquine for sale online

Los ’n antwoord vir xcjzkjge. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.