AL WEER DIE NEWE-EFFEKTE
September 5, 2010 in Sonder kategorie
Iewers deur die week wou ‘n vriendin dat ek saam met haar gaan tee drink. Ek’t nee gesê, want ek het op die oomblik ‘n paar newe-effekte wat my onaangename geselskap maak. Sy was verbaas dat ek “so lank” (vier dae? vyf dae?) na chemo nog steeds newe-effekte het. Sy het, soos ek ook maar, gedink dat die newe-effekte net vir ‘n paar dae na chemo is. Ons het mos al almal daai flieks gesien waar die vrou maer en uitgeput oor die toilet hang, of waar sy haar hare dramaties voor ‘n spieël afsny. Dis ons idee van newe-effekte: naar en haarverlies.
Maar dis maar net die begin. Die een newe-effek wat my op die oomblik uitput, is die witbloedselle. Of liewer, die gebrek aan witbloedselle. Klaarblyklik is beenmurg ook vinnigverdelende selle, sodat die chemo ook jou been murg aanval. En beenmurg is verantwoordelik vir die vervaardiging van wit- en rooibloedselle (onthou ek ook vaagweg uit my Biologie HG-dae). So nou maak die chemo korte mette van jou beenmurg, die beenmurg sukkel meer en meer om bloedselle te vervaardig en voila! allerhande ander onaangenaamhede gebeur met jou. In my geval is my witbloedseltelling voortdurend laag. Wat die onkoloog nou doen, is om ‘n bloedtoets aan te vra ‘n week na chemo. Dag 8, noem hulle dit. En ek het die toets nog elke keer gedop. En elke keer kry ek daardie oulike inspuitings (R4000 vir vyf van hulle) om my beenmurg te help om witbloedselle te vervaardig. So twee of drie op ‘n keer.
Die laagtepunt is so tussen vier na sewe dae na chemo. Ek kan dit omtrent onmiddellik voel, want ek kry so ‘n tinteling in die mond. Dit voel asof klein borreltjies in my mond ontplof. Dan weet ek: tyd vir mondsere en mondsproei, en begin ek solank medikasie toedien. En wanneer ek in die oggend opstaan en my brekfis proe na tabak, of metaal, of ink, dan weet ek die mondsproei sit weer lekker stewig en wit op die tong. Vieslik. Die mondsere veroorsaak ook seer ore. Vir die van julle wat Biologie gedoen het en nog kan onthou: die buise van Eustachius gaan na die middeloor. Ontsteking in die mond, kan oorpyn veroorsaak. Dit gebeur gereeld met my. Ek raak ook doof, want die mondsere sit glo ook op die senuwee wat na die oor gaan. Gelukkig help die nuwe medikasie om dit darem te verminder.
Witbloedselle help om infeksie te keer. Aangesien my telling laag is, moet ek dit probeer vermy om in skares te wees. Inkopies doen, byvoorbeeld, is iets wat ek nie veronderstel is om te doen nie. Gelukkig is Oos-Londen se winkelsentrums van so ‘n aard dat ek my nie gereeld soontoe haas nie. Winkelsentrums lyk in elk geval maar vir my almal dieselfde. Maar iemand moet tog gaan kos koop. En toe ek nog klas gegee het, was die higiëne van die klaskamers en my studente en my kantoor ‘n voortdurende probleem. My kantoor, byvoorbeeld, word drie keer per week skoongemaak, maar die skoonmaakster maak net my lessenaar skoon en niks anders nie. Daar is ook nooit seep in die toilette nie. En die studente het hierdie gewoonte om goed in hul monde te sit en dit dan vir my te gee. Ek sal hulle byvoorbeeld vra om iets op die bord te skryf. Dan vat hulle my bordpen, steek die doppie in die mond, skryf op die bord, sit die doppie terug en gee die pen vir my aan. En dan maak dit nie saak of ek daaraan vat of nie: sover ek weet, kan daai kieme 48 uur lank buite die liggaam leef! Geen wonder ek was voortdurend siek nie…
Die lae witbloedselle veroorsaak ook ‘n ander, ongemaklike newe-effek: diarree. Ek sal nou nie in detail ingaan nie, maar dit is ‘n probleem. Ek is maar dankbaar ek is met siekteverlof tot die einde van die kwartaal, want aan die begin van hierdie kwartaal het ek nogal gewonder hoe ek deur ‘n uur en ‘n half se klas gaan kom sonder om te moet uithardloop. Met hierdie newe-effek, moet ‘n mens natuurlik ook uiters higiënies wees, want enige nalatigheid kan infeksie veroorsaak. Ek sal volstaan met die verduideliking: ek gebruik baie wet wipes.
En dan die ander ding: moegheid. Ek is gedurig moeg. Ek loop van die slaapkamer tot die sitkamer. Dan rus ek. Ek loop van die huis tot by my motor. Dan rus ek. Woensdag het ek die lente gevier deur te ontbyt met ‘n vrou wat ek ‘n jaar laas gesien het. Ek moes huis toe kom en kom rus na die tyd. Totaal uitgeput. Van sit en ontbyt eet.
Ek ly ook aan slapeloosheid. Om dit teen te werk, probeer ek ‘n roetine volg: staan elke oggend min of meer dieselfde tyd op, sit en merk studente se werk, rus ‘n bietjie, karring aan die rekenaar, maak aandete, en probeer om dieselfde tyd in die aand bed toe te gaan. Volgens die onkoloog wys nuwe navorsing dat die chemo ook mense se seratonienvlakke aanval. Dit veroorsaak dat jy nie kan slaap nie. Dis waarom sy my op hêppie pilletjies gesit het, want hulle help vir die seratonien. Daarmee saam ‘n sterker slaappil. Op die oomblik lyk dit of die kombinasie van roetine en pilletjies help.
So, as daar nou mense is wat dink ek sit aan, en dat ek nie werklik ‘n week na chemo steeds kan sleg voel nie, hou bietjie bogenoemde in gedagte. Dis nie aansit nie. Ons weet net nie hiervan nie, omdat dit nie vir dramatiese beeldmateriaal in die flieks maak nie.
Miskien dalk ‘n Leon Schuster fliek… Een met baie toilethumor.
pasella het gesê op September 5, 2010
Sterkte!
pinkpolkadot het gesê op September 5, 2010
Sterkte, pienks!!
loudavisi het gesê op September 5, 2010
Dink steeds daagliks aan jou in my gebede.
Hoop dat dit spoedig baie beter sal gaan.
xxxx
Joanna Graham het gesê op September 5, 2010
Ai, mensie, dit moet ‘n vreeslike ding wees om deur te gaan! Jy’s reg, mens besef nie rerig hoe dit is nie. Selfs al het jy iemand naby gehad (skoonma) wat daardeur is. Sy het nie alles vertel nie. Jy’s jonk. Ek glo jy sal hierdeur kom en eendag vir die groot K kan lag. Ek bid dit vir jou!
Maghitta het gesê op September 5, 2010
sterkte bid vir jou en stuur ‘n stywe drukkie vir jou….
rosiemetdorings het gesê op September 5, 2010
Ek het al baie gekyk hoe wonderbaarlik vinnig karakter in flieks van siektes (verskeie soorte) en operasies herstel!
louisna het gesê op September 5, 2010
Slaaploosheid. Xanor. Dit help. Sterkte.
lindiew het gesê op September 6, 2010
Baie sterkte en dankie dat jy dit so mooi vir ons kan beskryf, dit maak dit makliker as mens weet waardeur iemand anders gaan, veral die van ons wat nog net die movies gesien het. Baie sterkte en ek bid vir jou.
elizac het gesê op September 7, 2010
Dankie, dis darem nie so erg nie. Kan net nie gaan tee drink nie…
elizac het gesê op September 7, 2010
Nog net een. En die ene was darem nie so erg nie. Net moeilik om te gaan tee drink.
Annatjie Oelofse het gesê op Oktober 6, 2016
Weet presies waar van jy praat gaan dit op die oomblik deer. Ieman wat nie in jou skoene geloop het nie sal nooit weet eat jy deer gaan nie. Al my simpatie, maar ek dank God elke dag dat ek nog ñ dag gelern is. Bly posetief en hou asn God vas Hy is Groot. Prys Sy nasm.
elizac het gesê op April 11, 2019
Hallo ek het nie besef mense lees nog hier nie. Ek hoop dit gaan goed met kou.
tbmzearq het gesê op Mei 9, 2022
order provigil online cheap provigil 200mg for sale
nwmlqf het gesê op Mei 9, 2022
hydroclorizine buy chloroquine phosphate canada
drqzfnsh het gesê op Mei 15, 2022
order modafinil 200mg pill
bxktchix het gesê op Mei 17, 2022
how to use erythromycin ophthalmic ointment https://erythromycinn.com/#
yjdahywd het gesê op Mei 23, 2022
cialis online cialis 40mg cialis 40mg
apwnxlcq het gesê op Mei 23, 2022
Cialis Takes How Long To Take Affect?
bxikiauc het gesê op Mei 23, 2022
how Can I Get Cialis Covered By Medicare/medi Cal?
iovsgdmq het gesê op Mei 24, 2022
provigil 200mg us purchase provigil online buy modafinil pill
rgbtltfd het gesê op Mei 24, 2022
buy provigil 200mg modafinil cheap
ylirvkkl het gesê op Mei 24, 2022
how Much Does Cialis Cost In Mexico?
pueddvyr het gesê op Mei 24, 2022
where To Buy Cialis?
khlakyey het gesê op Mei 25, 2022
how Long Does Cialis 20 Mg Last?
qvnzywfa het gesê op Mei 25, 2022
buy generic provigil buy provigil 100mg sale
evmmswsj het gesê op Mei 25, 2022
provigil medication order modafinil 200mg for sale provigil 200mg pill