DRUGS EN VERVELING
Augustus 30, 2010 in Sonder kategorie
Ek besef maar net elke dag hoe ‘n vervelige lewe ek nou eintlik lei. Die onkoloog het vir my hêppie pilletjies voorgeskryf, want volgens haar vernietig die chemo die seratonienvlakke in jou liggaam wat lei tot swak slaappatrone. Nou ek slaap al jare baie sleg, maar wanneer ek wel slaap, slaap ek. So nou sit ek met hêppie pilletjies en ook slaappile, en die twee wil mekaar nou nie uitlos nie. Ek kan nog steeds nie slaap nie, en ek weet nie hoe lank dit gaan vat voor die hêppie pilletjies inskop nie. Intussen voel ek soos ‘n dronk hoender wie se bene van haar lyf verwyderd is. Ver verwyderd. Dis glad nie lekker dat my kop eenkant is en, ja wel, my boude anderkant nie.
Wat my laat dink dat ek ‘n verskriklike slegte addict sou gewees het. Totaal onfunksioneel.
pixie.86 het gesê op Augustus 30, 2010
ek wil ook van jou heppie pillietjies, miskien help dit vir my gemoedsbekakking…
ek sou se wissel die pille af, eendag is jy heppy end ie ander dag slaap jy die dag verby 🙂
rosiemetdorings het gesê op Augustus 30, 2010
Die einde is so in sig vir jou, dan is al hierdie goor ervarings iets van die verlede
loudavisi het gesê op Augustus 31, 2010
Hoop jy sterk gou aan en dat die pille nie meer nodig sal wees nie.
xx
LIEFDING het gesê op Augustus 31, 2010
Sterkte
Joanna Graham het gesê op Augustus 31, 2010
Dalk werk daardie pilletjies net nie reg vir jou nie, dalk moet die onkoloog dit verander na ‘n ander maak. Klink vir my baie sleg om so hoenderkop te moet wees. Of dalk is hulle net te sterk vir jou en sal jou lyf dit gewoond raak….Ai, jong. Sterkte.
bloukaap het gesê op September 2, 2010
ek is onfunksioneel gebore