by

PARTYKEER…

Augustus 29, 2010 in Sonder kategorie

… word ek wakker en daar is niks fout met my nie. Dan word ek wakker.

Partykeer kyk ek na myself in die spieël en ek dink nie aan doodgaan nie. My oë is wakker en die grys sakke onder die oë is weg.

Gister sit en verkoop ek weer juwele op die mark. Die mense is toe met die geldhand, maar jy kan hulle nie kwalik neem nie. Dit lyk of die resessie uiteindelik vir Oos-Londen getref het. ‘n Vrou staan en gesels met my – mense weet mos nie wie of wat jy is nie. Vir hulle is jy net die vrou wat op die mark sit en juwele verkoop. Sy wil weet wanneer ek weer op die mark gaan wees. Ek sê maar ek is gewoonlik hier, maar op die oomblik het ek ‘n gesondheidsprobleem waarvoor ek behandel word en dus kan ek nie elke Saterdag waarborg nie. Nou kyk sy my skeef aan. Ek sien sommer wat deur die kop gaan: Vigs, of iets soortgelyks. Toe sê ek maar ek kry chemo.

Toe kyk sy my diep aan en sê: die Heilige Gees in my sê vir my dat jy gesond sal wees.

Nou is dit nou nie ‘n goeie boodskap nie???

5 antwoorde op PARTYKEER…

  1. amen

  2. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Pragtige gebed.

  3. AMEN kwadraad.
    Dis die beste, goedste woorde.
    Ek glo dit ook.

  4. Dis ‘n seën om sulke positiwiteit te ervaar. Ek glo sy is reg.

  5. Glo dit! Ek dink geloof en ‘n positiewe ingesteldheid maak die deur oop vir genesing.

Los ’n antwoord vir loudavisi. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.