by

EK’S BIETJIE BEKOMMERD….

Augustus 26, 2010 in Sonder kategorie

… oor môre. Dis chemo SEWE (Halleluja!) en daai hoofchemosuster se lippies word baaaaaie dun as ek daar instap. En ek’s mos ‘n sensitiewe sielietjie – altyd ingestel op ander. Maar môre is ek Minnie Mouse (al 1,8 meter van my!) en ek gaan Disney gelukbringertjies aan die ander pasiënte uitdeel. So ek weet nie wat die reaksie gaan wees nie. Maar sy moet nou maar haar lippies dun maak. Dis my manier van sê: kyk na my! Ek lewe!

4 antwoorde op EK’S BIETJIE BEKOMMERD….

  1. elizac het gesê op Augustus 26, 2010

    Ai, ek onthou toe ek by vier was en hoe ver dit was! Hoeveel het sy nog? Sê asseblief sterkte vir haar!

  2. Hoeom is daar sulke mense wat duidelik in die verkeerde beroep is.
    Ek kan al daardie bekkie sien!

  3. katrina het gesê op Augustus 26, 2010

    Ek stem saam, laat sy maar haar lippies dunmaak! Daar is tye in ‘n mens se lewe wat jy jou eenvoudig nie aan ander se geite moet steur nie.

  4. elizac het gesê op Augustus 26, 2010

    Sy’s BAIE bekwaam! Maar dis HAAR chemokamer!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.