by

MALLEMEULE

Augustus 24, 2010 in Sonder kategorie

Môre begin die liewe mallemeule weer: bloedtoets sodra ek myself uit die huis kan sleep (dit vat laaaaaank om vals ooghare aan te sit!), Donderdag die ag pille in die oggend en ag in die aand, en Vrydag om half 11 chemo.

En môre moet ek ook gaan kyk of daar iets by Binnelandse Sake aangaan, want my paspoort verval in April 2011, en dis nou nie goed genoeg vir die Germaanse ambassade nie. Het juis vandag ‘n uur en ‘n half in ‘n tou gestaan en gesit om my bestuurslisensie te vernuwe. Vyf jaar gelede het ek ses ure in dieselfde tou gesit/gestaan; so dinge verbeter definitief. Die mense praat steeds nie Afrikaans of Engels nie, maar dan, my isiXhosa is self nie te waffers nie.

Die feit dat ‘n gewag by Binnelandse Sake my minder depressief maak as die vooruitsig van bloedtoetse en chemo, moet julle seker iets van my gemoedstoestand vertel. Nog net twee sessies, en laat die liewe Here gee dat dit NOOIT OOIT weer met my gebeur nie. Amen.

6 antwoorde op MALLEMEULE

  1. ek het van nature maar weinig wimpers en wenkbroue. niemand sal dus agterkom as ek die biki wat ek het ook verloor nie.
    Sterke

  2. lindiew het gesê op Augustus 24, 2010

    Sterkte dink aan jou

  3. vasbyt

  4. Bid vir jou en sterkte.

  5. elizac het gesê op Augustus 25, 2010

    Dit lyk net vreemd, want dit laat so ‘n wit strepie. Dan lyk jy siek.

  6. elizac het gesê op Augustus 25, 2010

    Dankie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.