by

AI, DIE NAVORSING!

Augustus 23, 2010 in Sonder kategorie

Kyk nou net wat lees ek raak in die nuutste Huisgenoot (bl. 24): Die Amerikaanse Kankervereniging het in ‘n veertien jaar lange ondersoek “bevind mense wat ses of meer uur van hul daaglikse ontspanningstyd omsit, vroeër aan kanker of hartsiektes sterf as diè wat minder as drie uur lank sit”. Huh? Is dit net ek, of is daar ‘n groot skroef los êrens? Ek bedoel, hierdie mense het pas VEERTIEN JAAR se tyd en geld bestee aan navorsing oor kanker en hartsiektes. En hulle bevind dat jou kanse om kanker/hartsiektes te kry, groter is as jy meer as ses uur van jou daaglikse ontspanningstyd omsit. VEERTIEN JAAR! En dan kom hulle tot ‘n slotsom wat my laat vrae vra. Byvoorbeeld: hoekom kan jy gedurende werkstyd sit, maar dit het geen invloed op jou gesondheid nie? Wat word bedoel met “ontspanningstyd”? Byvoorbeeld, as ek sit en juwele maak in my ontspanningstyd, tel dit steeds as “sit en ontspan”, of tel dit as “sit en werk”? En hoeveel van julle het daagliks ses ure se ontspanningstyd? En verder, het dit betrekking op elke dag, of kan dit jou benadeel as jy net een keer per week meer as ses ure sit?

Die ergste is dat hierdie inligting aan die gemiddelde Afrikaanse leser voorgehou word as die waarheid.

NS O, ek lees deesdae die Huisgenoot. Dit laat my besef hoe bevoorreg ek is. Net in hierdie week (seker verlede week?) se uitgawe is daar ‘n artikel oor ‘n vrou wat op een been staan soos ‘n flamink, ‘n vrou met ‘n magnetiese gesig en ‘n vrou wie se neus en ore met ‘n swaard afgesny is. Laat jou dink, of hoe?

3 antwoorde op AI, DIE NAVORSING!

  1. Klink vir my na ‘n pot vol snot.
    Dis eintlik belaglik.

  2. elizac het gesê op Augustus 23, 2010

    Ek het natuurlik nou nie die navorsing gelees nie – net die stuk in ons liewe gesinstydskrif. Maar klink vir my verdag.

  3. Ai, die mense moet hulleself soms maar ook op een-of-ander manier net besig hou!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.