by

OE JINNE!

Augustus 16, 2010 in Sonder kategorie

Ek’s nou so opgewonde en vrolik! My smaail raak eintlik die agterkant van my kop. Ek’t vandag, na djaaaaarre se gesukkel met my ou skootrekenaar, uiteindelik vir my ‘n ander een gaan koop. En ek tik hom net so effentjies, dan reageer hy al. My oue – ag jaar oud om presies te wees – is deur my werk aan my verskaf, en ek moes nou so met ‘n ompad langs die ene vir myself kry. Hulle sal vir my die software laai, want die een is nou met my navorsingsgeld (wat ek nog nie gekry het nie!) verkry. Ha! So ek kan internet, maar ek kan nie werk nie… Maar ek is stadig maar seker besig om die dingetjie te verken, en hy het so ‘n oulike ogie daar bo in die middel, en ek kan Skype en hoef nie te sukkel met ‘n los kameratjie en sulke goed nie. Nou moet paranoïese ek net die ogie toeplak wanneer ek dit nie gebruik nie (ja, ek kyk dr phil!). Ag, te wonderlik. Ek is net bevrees ek weet nie hoe ek die rekenaar vir so drie dae by ICT Services gaan los dat hul die universiteit se programmatuur kan laai nie… Vir daardie drie dae sal ek die ou rekenaar moet gebruik. Diè het hul darem vandag ekstra ram gegee. Ek hoop dit beteken ekstra skop soos ‘n jong ram, en nie net ekstra moeilikheid, soos met ‘n ou bok nie.

Og, en al die gesmaail en vrolikheid vind plaas dwarsdeur ‘n baie seer mond en seer kakebeen en lae witbloedtelling en inspuitings… Maar vandag se dag gaat dit my nie onderkry nie!

5 antwoorde op OE JINNE!

  1. Ag, dis goed om jou vrolik te hoor skryf! Hier’s ‘n druk…….:)

  2. elizac het gesê op Augustus 16, 2010

    Dankie! Ek smaail sommer meer! (maar dan val my kop dalk af…)

  3. Jy’t rede om te smaail. Gelukkig het ons ore nè.
    Daai ogie sal my maklik onkant vang!!

  4. louisna het gesê op Augustus 16, 2010

    Lekker tik.

  5. elizac het gesê op Augustus 23, 2010

    Ek surf!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.