by

VERLIGTING

Julie 23, 2010 in Sonder kategorie

Vanoggend vir 09:00 afspraak by my AP (Algemene Praktisyn) gekry. Hy ken nou al die storie. En net toe ek in die spreekkamer vir hom sit en wag, lui my foon, en dis my man en hy sê: laat die AP die onkoloog bel. Daar’s fout met die bloedtoetse. Die onkoloog sê ek moet onmiddellik kom.

Natuurlik is dit nie ‘n krisis nie. My witbloedliggaampies is laag en dit verhoog die kans op infeksie. Vandaar ook die feit dat die mondsere nie wil weggaan nie – dit bly ontsteek. Maar dis nie of ek nou juis ANDERS voel as na vorige chemos nie. Dis dieselfde. So hoekom kon my vorige onkoloog nie hoor as ek sê ek voel so verskriklik sleg nie? Die locum was die eerste persoon om ‘n sommernet bloedtoets te skeduleer, om te sien wat my liggaam doen. Hierdie onkoloog was die eerste een om in my keelgat af te kyk. Hy sit met ‘n vonkel in die oog en besluit hoe lank hy my sal afboek. Tot die einde van die kwartaal. Ek protesteer, maar eintlik wil ek nie. Hierdie was ‘n sleg jaar vir my en my studente. As ek nie siek was nie, het hulle gestaak, en van ‘n ordentlike verhouding tussen ons, is daar geen sprake nie.

Dis ook weer tyd om myself in te spuit met daardie oulike naaldjies wat R4000 vir vyf kos. En ek is weg huis toe met ‘n handvol pille, onder andere ‘n emulsie wat binne SEKONDES die mondpyn verdoof, en pynpille wat langer as ‘n uur hou. Verligting vir ten minste vier ure. Waarom kon ek dit nie vroeër gekry het nie? Ek gaan ‘n lysie uitdruk van moethê pille en dit in my handsak hou.

Nou’s ek natuurlik rasend honger. Het een en ‘n half kilogram die week verloor.

6 antwoorde op VERLIGTING

  1. Klink amper die moeite werd om die die distansie tussen OL en PE so af en toe aan te durf. Hulle het almal die kennis, maar sommige dink net daaraan om dit toe te pas.

  2. elizac het gesê op Julie 23, 2010

    Hulle doen gewoonlik die toets net voor die volgende chemo. So elke drie weke. Dus was hierdie nogal uitsonderlik. Maak my vies: al hierdie chemikalieë woed in jou lyf rond, en dan stuur hulle jou HUIS toe om dit te hanteer.

  3. elizac het gesê op Julie 23, 2010

    Ek dink partykeer daar’s fout met my. Dalk sê ek dit nie duidelik genoeg nie? Maar snaaks, dis die vrouedokters wat nie vir my luister nie. Ek sou dink hulle verstaan, maar dis asof hulle dink jy oordryf.

  4. elizac het gesê op Julie 23, 2010

    Dankie vir die waarskuwing! Pruik is nogal maklik: sjampoe kos R15, jy was dit een keer per week, skud dit en laat dit droog word. En jy hoef nie vreeslik te worrie oor wat in die sjampoe is nie. Jy kan maar gewone seep ook gebruik!

  5. elizac het gesê op Julie 23, 2010

    OL se privaat onkologie-afdeling was klaarblyklik verlede jaar die beste in die land…

  6. loudavisi het gesê op Julie 24, 2010

    Dankie tog jy kan verligting kry.
    Flippen dr!
    xxx

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.