by

H.A.L.T.

Julie 22, 2010 in Sonder kategorie

Oeeeee, toe klim hierdie antie vanmiddag weer ‘n slag deeglik op die pity pot. En ek sit daar op die troontjie met trane wat van my wange afstroom, en ek kan nie eens ordentlik huil nie, want die mondsere voel asof hulle op my skarniere sit, en as ek huil, moet die skarniere beweeg, en dis seeeeeer. En waaroor was dit? Oor ‘n ou naaldeprikkie. ‘n Bloedtoets. My bloedtelling.

Vandag was ‘n lang dag. Het twee klasse gee van ‘n uur en ‘n half elke. Al my klasse is ‘n uur en ‘n half lank. Ek vind deesdae dat ek so na ‘n uur baie moeg word. Toe is daar nou nog probleme in my eerste klas met die uitdeelstukke, en ek moet eers teruggaan kantoor toe om goed te gaan haal (ons het mos nie assistente soos by ‘n normale universiteit nie) en ek moet trappe klim en is gedaan. Kan skaars die boks vashou. Weer terug klas toe. My mond pyn iets vreesliks, sodat dit moeilik is om te praat. Tussen die eerste en die tweede klas moet ek gou huis toe kom om iets te eet, want vanoggend kon ek twee klein houertjies jogurt eet. Ek’s honger. Ek’s moeg. Toe is dit Duitse klas. Die studente werk flink, maar ek vind dit moeilik om my tong om Umlauts en sch te knoop. Dis seeeeeer. Ek sit by tye net. En toe die klas verby is, kan ek uiteindelik hospitaal toe vir die opvolgbloedtoets wat die onkoloog voor gevra het. Moet vandag gedoen word.

Dokter, sê die oulike suster (hulle dink ek’s ‘n mediese dokter en ek help hulle nie reg nie, want dan word ek vinniger gehelp), ek het nie butterflies nie. Is dit ok as ek dit in die hand doen? Ek maak asof ek weet wat sy sê, maar knyp my oë toe. ‘n Naald in die hand herinner aan chemo, en daaraan wil ek nie herinner word nie.

En dis toe wat ek so jammer vir myself begin voel. Want ek is HUNGRY, ek voel LONELY en ek is TIRED. Nog nie heeltemal seker of daar ANGRY ook was nie, maar ‘n mens het genoeg probleme as net een van die faktore teenwoordig is. As ‘n kombinasie teenwoordig is, is dit tyd om te HALT, want anders gaan jy iemand aanrand, of iets sê wat jy nie bedoel het nie, of in trane uitbars… En dis dan wat ‘n mens tog so maklik op die potjie klim.

So ek’t so deur die verkeer huis toe gery met trane wat oor my wange rol. En ek voel skoon fragiel. Dit oor ‘n naald in die hand.

8 antwoorde op H.A.L.T.

  1. Sterkte!

  2. Sterkte vir jou. Kan hoor dis nie ‘n maklike paadjie wat jy moet loop nie.

  3. scheiss!

  4. elizac het gesê op Julie 23, 2010

    Dass können Sie wiederholen…

  5. elizac het gesê op Julie 23, 2010

    Weet jy, daar is mense wat swaarder kry. Ek weet dit.

  6. elizac het gesê op Julie 23, 2010

    Dankie.

  7. elizac het gesê op Julie 23, 2010

    Dankie!

  8. elizac het gesê op Julie 23, 2010

    Nog net DRIE om te gaan. Met drie weke elk…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.