by

NAAR

Julie 19, 2010 in Sonder kategorie

Og, ek’s nou vanaand naar. En dit het NIKS met chemo te doen nie! Het mos sedert my diagnose omtrent geen sjokolade geëet nie, en het ook geen lus daarvoor gehad nie. Wanneer ek wel daarna gevoel het, het dit nie lekker gesmaak nie. Hulle sê dit gebeur nogal. ‘n Bonus natuurlik, vir ‘n oorgewig, middeljarige vrou. En nou, vir die laaste week of so, het ek ‘n sjokoladelus wat vir niks skrik nie. Vandag daar in Woolworths sonde gepleeg en ‘n pakkie van daardie “Chuckles – malted puffs” ook in die trollie gelaai. Het my pad halfpad daardeur gevind en dit doen my nie goed nie.  Voel skoon siek soos ek hier sit. Nou’s ek hopelik eers weer vir ‘n tydjie klaar met die tjoklits.

5 antwoorde op NAAR

  1. sjokkies was een ding wat ek nooit tydens my swangerskappe kon eet nie

  2. loudavisi het gesê op Julie 20, 2010

    Hoop die naarheid is nou verby!

  3. elizac het gesê op Julie 20, 2010

    Ja, ek het daai boodskap tien keer gestuur en niks het gebeur nie!

  4. elizac het gesê op Julie 20, 2010

    Voorheen sou ek twee pakkies kon eet sonder om naar te word. Lyk my my tjoklitfut is nou uit!

  5. elizac het gesê op Julie 20, 2010

    Sal probeer sodra my bui onder beheer is…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.