by

EK WIL NOU NIE OORDRYF NIE…

Julie 14, 2010 in Sonder kategorie

… maar ek voel vandag weer vir die eerste keer in ongeveer sewe weke myselwers. Net betyds vir môre se chemo nommer 5. Sien die nuwe onkoloog om 9 en daarna is dit die eerste sessie van Taxotere. Moes vandag al met medikasie begin. Daarna ook nog die Zoladex-inspuiting, wat my hormone moet beheer.

Ek dra môre ‘n platinumblonde pruik. Ek was nog altyd gemaak om ‘n platinumblondine te wees. Mooier as Marilyn Monroe, sê ek julle!

En ek probeer regtig hard om nie daaraan te dink dat ek hierdie week by ‘n kongres in Athene sou wees nie, of dat ek vandag in Athene sou rondwandel nie, of dat ek môre op ‘n skippie na van die Griekse eilande toe sou gaan nie. My gesondheid IS belangriker as kongresse en verlore geld, en ek was baie siek die vakansie. Nie hospitaal-toe siek nie, maar wel so siek dat ek tot Sondag nog na ‘n pompie moes gryp om asem te kon haal. En al weer op antibiotika was. Ek, wat antibiotika in die verlede soos die pes vermy het.

O, en ek moet darem sê: op die dag wat ons van Rome na Stuttgart toe sou gevlieg het, het die Italiaanse lughawepersoneel gestaak. Ons het dus daardie opwinding gemis. En ons het darem van die Wêreldbeker se opwinding hier in Suid-Afrika kon beleef. Al het my span verloor. Al het AL my spanne verloor! [email protected]#!? se seekat! (ja, ek weet die seekat het nie gespeel nie!) 

13 antwoorde op EK WIL NOU NIE OORDRYF NIE…

  1. Moet net nie dat jou brein agterkom dat jy ‘n blond geword het nie.
    Sterkte vir jou stryd.
    Ek het ‘n gewone verkoue gehad wat handuit geruk het, dubbele dosis antibiotika gehad (wat ek ook so veel as moontlik vermy) en ook eindelik by ‘n pompie geeindig.

  2. elizac het gesê op Julie 14, 2010

    A, dis nou positief dink! Ek werk net so half en half vooruit, maar weet dat niks beplan kan word nie. So ek mik nou vir einde September en hoop vir die beste!

  3. elizac het gesê op Julie 14, 2010

    Op die stadium moet ek die hare koop om by die brein te pas! Het vanaand (al weer) ‘n pot kos verbrand. Skoon vergeet!

  4. elizac het gesê op Julie 14, 2010

    En ek hoop jy voel al beter.

  5. Annerhelfte is nie bietjie trots op my nie. Hy sê ek is die enigste mens waarvan hy weet wat ‘n pot sop kan verbrand

  6. Jissie E, is dit al 5 weke?
    Dit voel soos noudiedag wat die behandeling begin het. Ek hoop en bid dat jou volgende sessie baie beter op die gemoed en die lyf gaan wees!

  7. loudavisi het gesê op Julie 15, 2010

    Dankbaar jy voel beter en sterkte vir die vlg sessie.
    Ek is seker jy lyk stunning as ‘n blondie,

  8. Trakie het gesê op Julie 15, 2010

    Viva Paul die Seekat!! Hiehiehie, raai wie se spanne het elke keer gewen?

  9. elizac het gesê op Julie 18, 2010

    Nie myne nie! En ek wou so graag die Kaap weer Hollands hê!

  10. elizac het gesê op Julie 18, 2010

    5 behandelinge, 16 weke. Voel soos nou die dag, en voel soos jare terug.

  11. elizac het gesê op Julie 18, 2010

    Nee wat, ook sop in my geval. En dit was nie die eerste keer nie!

  12. elizac het gesê op Julie 18, 2010

    Ja, hopelik volgende jaar, as die universiteit nie al die geld onmiddellik wil terughê nie – dan kan ek die keer op hul rekening die kaartjie koop!

  13. elizac het gesê op Julie 18, 2010

    Dankie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.