by

EK HET GEJOK

Mei 30, 2010 in Sonder kategorie

Ja, ek het gejok. Vir myself en vir ander, maar veral vir myself. Ek is toe glad nie so vreesloos soos wat ek my verbeel het nie. Toe daardie chemosuster Vrydagoggend om 9 nader staan met daardie naalde, toe trek my liggaam ineen van die vrees. Het mooi gepleit: onthou, ndilusana! (Ek’s ‘n babatjie!), maar dit het nie gehelp nie. Ek moes daardeur. En dit was weer eens seer. Het nog die hele tyd gewonder wat die Adriamycin aan die are doen as dit so gevaarlik is – dit vernietig weefsel as dit daarmee in aanraking kom, so ek kan eintlik nie beweeg terwyl hulle die Adriamycin in my are drup nie. Nou’t ek uitgevind: dit maak ook die are dood. Hulle kon glad nie die vorige are gebruik nie en moes die keer ‘n aar gebruik wat aan die onderkant van die arm sit. En ek kon die hele tyd voel hoe dit my arm brand, sodat die arm nou nog styf en seer is. En ek vir myself jammer voel.

Dink dit gaan nou meer sielkundig wees as iets anders. Gelukkig is daar nog net een Adriamycin-behandeling oor.

5 antwoorde op EK HET GEJOK

  1. shlwanjan het gesê op Mei 30, 2010

    Vasbyt, Elizabeth!

  2. DallaSePa het gesê op Mei 31, 2010

    Jy moet vasbyt … dink aan jou.

  3. katrina het gesê op Mei 31, 2010

    Ai! Vasbyt! XXX

  4. Gharki het gesê op Mei 31, 2010

    sterkte.

  5. loudavisi het gesê op Junie 11, 2010

    Liewe Elizabeth….dink aan jou.]
    Ai!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.