by

BIETJIE SAD

Mei 27, 2010 in Sonder kategorie

Ek’s vanaand so ‘n bietjie sad. Die depressie bekruip ‘n mens maar so voor ‘n chemo (môre chemo 3), veral as jy dink aan daardie rooi vloeistof wat hulle in jou are laat drup en hoe giftig alles is.

Maar ek is ook sad vir nog ‘n vrou wat môre ingaan vir ‘n mastektomie. Sy is ouer as ek, en ek het haar nog nooit ontmoet nie, maar ek weet sy is vanaand benoud. Ons het telefonies kontak. ‘n Mens het iemand nodig wat al hierdeur is. Net om te weet dit is erg, maar dit is nie so erg soos wat jy dink nie.

En ek dink vanaand aan die persoon wat ek was die nag van 8 Maart 2010, die persoon wat op 9 Maart 2010 om 06:00 die oggend by die hospitaal moes wees. Dis wat ek daardie nag geskryf het:

“01:15 Oor vyf ure is ek by die hospitaal. Ek is nie bang nie – net baie hartseer. Hou my hand vas, Here! Laat die beker my verbygaan! Laat alles asseblief skoon wees. My bors was vandag seer, asook die limfkliere onder my arm. Dis asof my liggaam die indringer probeer beveg en dit nie regkry nie.

Ek is nie bang nie. Ek wil net nie. Maar ek wil leef en nog baie dinge doen.

Gisteraand It’s Complicated gaan kyk met N en M. Toe gaan eet. N hou my vas en M sê: julle maak my so hartseer, want julle is so mooi.

Here, ek ken nie die pad nie. Ek vra dat U dit saam met my sal stap en dat U U engele sal stuur om my te dra. Amen.

Dit help tog nie ek huil nie. NIKS gaan deur my trane verander word nie.”

En ek was vier ure later wakker, was betyds by die hospitaal, maar toe die verpleegpersoneel met die skofverwisseling begin sing: Oh Lord I need Thee, het ek teen my man se bors geval en gesnik.

Vandag kan ek met deernis en baie liefde terugkyk na die vreesbevange ek van 9 Maart.

En ek weet my onbekende borsmaat sal ook hierdeur kom.

6 antwoorde op BIETJIE SAD

  1. loudavisi het gesê op Mei 28, 2010

    Voorspoed vir vandag, Elizabeth!
    Mag daai chemo alle ongewensde bliksempies in jou liggaam doodmoor!

    Dink aan jou.

  2. louisna het gesê op Mei 28, 2010

    Baie sterkte.

  3. Dink aan jou.

  4. elizac het gesê op Mei 30, 2010

    Dankie. Ek glo reeds dat daar geen van daai [email protected][email protected] in my liggaam oor is nie. Alles is net voorkomend.

  5. elizac het gesê op Mei 30, 2010

    Dankie.

  6. elizac het gesê op Mei 30, 2010

    Dankie. Altyd nodig.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.