by

GOEIE NUUS

Mei 23, 2010 in Sonder kategorie

Nee, ek het nie goeie nuus gekry nie. En dis juis die punt. Dis onvermydelik dat ‘n mens aan die dood dink met ‘n kankerdiagnose. Onvermydelik, tensy jy erg aan ontkenning (dis nou die oulike denial op Ingels) ly. Jy dink aan jou kanse. Jy gaan lees na. Die internet het baie statistiek, en (neem in ag dat hierdie geheue nou al deur twee chemo’s is en as daar enige vinnigverdelende selle was, is hulle erg gekompromiteer) vertel dat sowat 84% van mense wat met my tipe borskanker gediagnoseer word, dit vir ten minste vyf jaar oorleef. Wat dit nie sê nie, is die persentasie persone wat na vyf jaar kankervry is. M.a.w., daardie fantastiese statistiek sluit ook mense in wat steeds kanker het, maar nog leef. Nou dis nie dat ek morbied wil wees nie, maar dis die werklikheid waarmee ek gekonfronteer word. Dan wonder ek soms of dit die moeite werd is. My dokter praat van my lewe “verleng”. Met vyf jaar, tien jaar, dertig jaar? Hulle kan nie sê nie. En wat laat my dink dat ek binne die volgende tien jaar sal regkry wat ek nie in die laaste vyf-en-veertig jaar reggekry het nie? Is dit die moeite werd? Ek aanvaar my antwoord sal oor tien jaar ja wees.

Nou kom vertel elkeen wat weet van my diagnose allerhande stories van so-en-sus wat ook kanker gehad het en sy’s dertien jaar later oorlede. Of die een het ook so goed gereageer op die chemo, en nou’s sy dood. Hoe op deeske aarde moet dit my laat beter voel? Kom, ek wil hoor van survivors, van mense wat 30 jaar terug gediagnoseer is en steeds ‘n vol lewe lei, wat dit kankervry doen. Gee my dan asseblief tog ‘n stukkie goeie nuus!

5 antwoorde op GOEIE NUUS

  1. elizac het gesê op Mei 23, 2010

    Ek’t al gewonder of ek hoegenaam vir enigiemand moes vertel het! Want kanker is nie my lewe nie; dis deel van my lewe en ek moet dit bestuur as sulks. En daar is genoeg depressing stories in die nuus sonder om nog by te voeg.

  2. pinkpolkadot het gesê op Mei 23, 2010

    My Skoonma het ‘n dubbele mastektomie operasie gehad 40 jaar gelede en sy is perdfris en gesond! Sterkte vir jou!

  3. elizac het gesê op Mei 23, 2010

    Dankie! Dit gee my moed!

  4. elizac het gesê op Mei 23, 2010

    Sien bo! Dankie!

  5. elizac het gesê op Mei 23, 2010

    Dankie. My plastiese sjirurg sê dit altyd so mooi: onthou, jy loop nou deur ‘n vallei, maar aan die oorkant, op die heuweltop, staan daar baie mense wat voor jou hierdeur is, en hulle almal cheer vir jou. Laat my huil, om die een of ander rede. Daai prentjie van al die vroue aan die oorkant.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.