by

VANDAG…

Mei 19, 2010 in Sonder kategorie

… voel ek heelwat beter. Het gister na die middestad (wel, dit wat ons hier die middestad noem) gegaan na ‘n winkel wat professionele haarsalonprodukte verkoop. En daar het hulle toe ‘n hele reeks pragtige pruike – tot ‘n bloue en ‘n pienke! Die twee Xhosa dametjies agter die toonbank het nie ‘n oog geknip toe ek my vaal Cancercare pruik afruk en vra om aan te pas nie. Hulle het aangegee en mooi geglimlag agter hulle netjies kuifies en raad gegee en saamgestem oor my finale keuse. Ook vertel van sjampoe (R14!) wat die pruik sal mooi hou en alles netjies in ‘n sak verpak. Ek het natuurlik die pruik onmiddellik opgesit en so daarmee Woollies toe gegaan. In mnr en mev Doemnies vasgeloop wat verklaar het dat hulle nooit sou sê dat dit ‘n pruik is nie, en dis ‘n pragtige snit. En ek het niks snaakse kyke gekry, of mense wat my oë probeer vermy nie.

Vandag het ek die pruik opgesit na ek gesig gewas het en die hele dag daarmee rondgeloop. Ek voel meer soos ek.

En dalk, net dalk, gaan koop ek daardie blou pruik om vir my volgende chemo te dra.

8 antwoorde op VANDAG…

  1. lisabeth het gesê op Mei 19, 2010

    Het jy al “The Princess” van Francin Rivers gelees? Hoop jy voel more sommer nog beter!

  2. loudavisi het gesê op Mei 19, 2010

    Geluk met die keuse..ek is seker jy lyk pragtig.
    Koop die bloue!

  3. Gharki het gesê op Mei 19, 2010

    Wonderlik. Ek is bly vir jou. (drukkie)

  4. elizac het gesê op Mei 23, 2010

    Ek het ook eers gedink ek sal speel, maar ek is nou maar eenmaal nie die tipe wat te veel tittewyt nie. So gemaak en so gelaat staan, en miskien ‘n leksel lipstiffie (wat veronderstel is om 8 ure te hou en na 2 af is) en ‘n glipsel maskar. Maar die blou pruik terg my nog. Jammer die pienke is nie heeltemal my kleur nie…

  5. elizac het gesê op Mei 23, 2010

    maskarA!

  6. elizac het gesê op Mei 23, 2010

    Sal moet gaan soek. Altyd op soek na nuwe leesstof.

  7. elizac het gesê op Mei 23, 2010

    Ten minste het niemand nog in skrik weggehardloop nie!

  8. elizac het gesê op Mei 23, 2010

    Weet nie so mooi van inspirasie nie, maar dankie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.