by

Die ergste…

Mei 6, 2010 in Sonder kategorie

… van die haarverlies, is die feit dat dit net hare noord van die neus is wat uitval. Alle suidelike hare moet nog steeds gewaks, geskeer en gepluk word. En ek sweer: hulle word definitief swarter, veral die op die ken… Verder weier ek nou om hare te was, want dan val alles vinniger uit. So, as julle per ongeluk langs ‘n vrou met baie vuil hare staan, moet nie oordeel nie. Sy mag dalk ‘n goeie rede hê.

Bloedtoets vandag om te kyk of my bloedliggaampies almal teenwoordig is. Chemo 2 Maandag. 10h.

5 antwoorde op Die ergste…

  1. loudavisi het gesê op Mei 7, 2010

    Hare maak nie meer saak nie, dit sal weer groei.
    Dis die bloedtelling – ek dink aan jou en bid jou sterkte toe.

    xxx

  2. plankloper het gesê op Mei 8, 2010

    Sterkte.

  3. elizac het gesê op Mei 10, 2010

    Dankie.

  4. elizac het gesê op Mei 10, 2010

    Dankie.

  5. elizac het gesê op Mei 10, 2010

    Weet jy, jy is reg. Probleem is net almal kan nou sien daar is fout. Ek sal net moet leer om daarby verby te leef en my pose te hou!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.