by

HARE + FOOB FILL

Mei 3, 2010 in Sonder kategorie

My hare is definitief besig om te gaan. Right on cue, en volgens die voorspelling van my onkoloog. Twee weke na chemo. Dit het begin met ‘n branderige gevoel so rondom Vrydag en ‘n bietjie meer hare as gewoonlik op my hande wanneer ek hare was. En vanoggend, toe ek die spikes probeer stileer, kom daar sommer hordes hare op my hande af. Met die gevolg dat ek so ‘n bietjie soos ‘n windverwaaide hoender lyk, want met waks en al kan ek die hare nie gelyk regop kry nie, want te veel val uit. Het nie gedink die haarverlies gaan my pla nie, want dit groei mos weer terug. Maar ek vind dit nogal traumaties, veral omdat mense nou sal kan sien daar is ‘n probleem. Gelukkig werk ek in ‘n omgewing waar pruike (of “pieces”) en kopdoeke algemeen is. Ek hoop net die hare hou tot volgende Maandag, want ons gaan kuier die naweek bietjie in die Kaap vir my geliefde se verjaardag. Hou mos nie daarvan om met fieterjasies te sukkel nie! Het darem die een pruik gewas ter voorbereiding…

Verder gaan ek vandag vir my tweede foob fill, dus gaan daar weer ‘n paar ongemaklike dae/weke voorlê terwyl die vel rek en strek en die foob ‘n pad probeer vind. Die eindresultaat beter net die moeite werd wees!

11 antwoorde op HARE + FOOB FILL

  1. lindiew het gesê op Mei 3, 2010

    Baie sterkte daar – regtig. Ek dink aan jou.

  2. shlwanjan het gesê op Mei 3, 2010

    Baie sterkte, Elizabeth.

  3. Baie sterkte en hou goeie moed. Dink aan jou!

  4. maryke-anne het gesê op Mei 3, 2010

    Baie sterkte!

  5. elizac het gesê op Mei 3, 2010

    Skeer alles af en stuur my ‘n foto! 🙂

  6. elizac het gesê op Mei 3, 2010

    Dankie!

  7. elizac het gesê op Mei 3, 2010

    Dankie!

  8. elizac het gesê op Mei 3, 2010

    Dankie! Elke gebed help – bevrees die engele werk oortyd aan hierdie kant!

  9. elizac het gesê op Mei 3, 2010

    Dankie!

  10. elizac het gesê op Mei 3, 2010

    Dankie!

  11. elizac het gesê op Mei 3, 2010

    Dankie. Regtig nie gedink dit – die hare – gaan so erg wees nie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.