by

AL OM DIE HUISIES (19) – courage to change

September 29, 2009 in Sonder kategorie

Voor my vertrek is ek geseën met die private en praktiese ruimte van ‘n dubbele bed, ‘n koel kamer en ‘n warm stort van my eie aan huis van my suster in die Paarl. Hier ervaar ek die seën om die tyd en ruimte te hê om my geestelike basis te integreer. Om my slagofferskap vaarwel toe te roep. Om te weet dat ek eenhonderpersent verantwoordelik is vir my lewe en die keuses wat ek maak oor hoe ek op elke uitdaging gaan reageer.

Hier werk ek vir my ‘n persoonlike geestelike pakket uit wat ek so na aan my hart elke dag beoefen. En dit gee my kop vlerke. Dit omring my met die suiwerste wit lig van onvoorwaardelike liefde. Dit hou my voete geanker – plat op die aarde – met my huis nou op ‘n rots gebou.

Elke oggend mediteer ek. Ek visualiseer my hoogste ideale. Ek dan God vir bewaring deur die dag. Ek doen daaglikse gebede van danksegging. Saans skryf ek in my joernaal: ek is dankbaar vir….. (ek is op die oomblik op dankbaarheidsmoment nommer 7212). Elke dag lees ek uit boeke van inspirering. My daaglikse gids is Al-Anon se Courage to Change.

Elke dag gee ek oor wat ek té kompleks of oorweldigend vind om te hanteer, en elke dag vibreer wonderwerk na wonderwerk in my lewe. Ek weet dat geestelike konneksie ‘n keuse is. En binne die keuse is ek nie gevrywaar van uitdagings op my pad nie. Ek is hier om uitdagings te oorkome. Ek is hier om my lig met die res van die wêreld te deel. Ek is hier om my skadu’s, privaat in my binnekamer, in stille sterke krag en vertroue, deur die hoogste vibrasies van die liefde, te omvorm.

So heel ek my heel-al.

So heel ek die hele heel-al.

(finaal volg)

2 antwoorde op AL OM DIE HUISIES (19) – courage to change

  1. Ek is jammer om te hoor dat dit amper die einde is! Dit as ‘n wonderlike saamreis.

  2. Darem (vir eers) net die einde van brief 21. Of was dit nou 22? Daar volg nog briewe.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.