by

AL OM DIE HUISIES (17) – tussen bomme en bloed

September 27, 2009 in Sonder kategorie

Eendag word Stasiestraat rooi-van-bomstraat. ‘n Bom ontplof voor Obs Café agter ons huis. Ek staan in die kombuis van die huis met my pasgemaakte koppie rooibostee in my hand en hoor metaal uitmekaarskeur. Ons almal hardloop uit in die strate en kyk mekaar in die oë.

‘n Paar weke later breek iemand deur my kamer die huis binne en strooi briewe en klere en persoonlike, waardevolle, waardelose goedjies die wêreld van die huis vol. My kopvel trek styf in die nag. Psoriases groei op my. Soggens is my asemhaling vlak en hortend.

Hier moet ek uit.

Twee-uur een stil môre vroeg skop iemand die deur van die huis in. Hy gil en skree soos ‘n besetene. Hy breek ‘n venster en bloei. Stasiestraat word Bloedstraat.

Vir die volgende paar maande bly ek opeenvolgens by my vriend John aan huis, by my suster, Linda, in Brackenfell, by my Noorweegse vriendin, Iene en haar blonde, Noorse vriendin, Camilla, in Observatory.

Vir ‘n allerlaaste poging om direk deur al die skadulae van my verlede te werk, trek ek weer vir ‘n paar maande terug in my ouers se huis.

(word vervolg)

1 antwoord op AL OM DIE HUISIES (17) – tussen bomme en bloed

  1. Ek stem saam met jou kommentaar oor die boek. Sonja Heroldt het ek nog nie gedoen nie, maar nou weet ek, dankie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.