by

AL OM DIE HUISIES (13) – van egskeiding en depressie

September 22, 2009 in Sonder kategorie

Ek en Rebekah trek uit die geel huis in ‘n desperate, laaste poging om ons huwelik te probeer red. Ons trek om die hoek in ‘n spierwit tuinhuis in met ’n hout perdestalvoordeur wat in ‘n ouwêreldse Observatory eenmaal deel van perdestalle op ‘n plaas was. Ons is omring van lelies en rose, laventel en magrietjies, katte en beeldhouwerke.

Die idilliese agterdoek skep ‘n ironiese raamwerk vir die wederkerige en selfvernietigende energie wat ons op mekaar uithaal en eenmaal: die liefde genoem het.

Eendag besluit ek om my uit die donker spiraal van ondergang te red en ek trek terug in die geel huis in Observatory. Ek verval egter in die oog van ‘n donker depressie van egskeiding en armoede en siekte en slagofferskap.

Vriende hou my aan die lewe.

Ek slaap dae om en verby van nie kan funksioneer nie, van nie wil voel nie, van te veel voel en iewers diep binne-in my is daar ‘n straaltjie van lig wat ek weet en glo en vertrou eendag tot sy volle glorie sal deurbreek.

Ek herontmoet my vriendin en sielsgenoot, Irize. Ons leef ‘n boek wat onafhanklik van hierdie storie geskryf moet word.  Ek ontmoet ook vir Fen, my metafisiese terapeut. Op ‘n stadium gaan ek elke dag of elke tweede dag vir ‘n sessie met Fen. Die ligstraaltjie word ‘n ligglans word ‘n stralekrans word ’n son wat oop en warm vanuit my diepste, helderste, mees funksionele, liefdevolste self skyn.

word vervolg

12 antwoorde op AL OM DIE HUISIES (13) – van egskeiding en depressie

  1. Klink heel sestigs, so met Colette en al. Nice.

  2. Ek kan glad nie hierdie mengelmoes van woorde verstaan nie. Ek vermoed dat dit dalk vir jou van ‘n terapeutiese aard kan wees. Jy beter nou net vinnig bykom.

  3. Ja, maar nie altyd op die maniere wat ons gedink het nie.

  4. Honey, ek dink régtig jy moet van die begin af lees, dan sal jy ophou om met my in gesprek te tree oor briewe wat ek nie geskryf het nie. Dit sal ook help as jy bloot die pos van 20 September lees. Dalk gaan daar dan ‘n liggie op?

  5. Ek kan nie. Ek probeer al van lank voor 20 September verstaan. Ek kan nie. Wie is John? Wie de fok is John? Hoekom kry die man nie rus vir sy siel nie? Oos-Londen is ‘n lekker kak plek, ne?

  6. My darling, dan moet jy maar ophou lees. Ek kan tog regtig nie jou kosbare tyd so mors nie. Kort verduideliking: John Teacher is die naam wat die Koreaanse kindertjies vir Johannes Lochner gegee het toe hy daar skoolgehou het. Johannes Lochner was ‘n vriend van my. As jy hom wil kontak, praat bietjie met liewe Jesus. Ek kan aan sy skryfstyl nou niks doen nie. En op jou vraag oor OL: nie die hotste plek op aarde nie, maar ek het ‘n lekker werk hier met ‘n goeie salaris. As daar ‘n Kaapse universiteit is wat vir my ‘n joppie wil offer, trek ek terug.

  7. Haha! Jy is ok.

  8. Dankie, my ding, diérbaar van jou om so te sê.

  9. Dankie.

  10. Nou het ek lekker hier gekuier.
    Dankie.

  11. Dankie dat jy lees. Jy laat my na my mense en my wêreld verlang!

  12. Ek kan dink dat hierdie vir jou vreeslik frustrerend is! Kyk my kommentaar aan Latrina – dalk help dit jou.

Los ’n antwoord vir loudavisi. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.