by

AL OM DIE HUISIES (12) – van diabetes en asma

September 21, 2009 in Sonder kategorie

Ek word gediagnoseer met diabetes.

Hier vee ek die bloed van my vingertoppe en steek ek my bene vol gate. Hier gaan my suikers op en my suikers gaan af. Hier word ek inderdaad met, soms te veel en soms sonder suiker oor die brein, laf van hart en verstand.

Ek en Rebekah begin skei – stukkie vir stukkie.

In die geel huis word ‘n kind gebore. En ek sit langs die bad vol rooi, warm water en ervaar die stil, besliste energie van die skepping. Nog steeds van naelstring tot baarmoeder gebind, swem die pasgebore siel in die vorm van ‘n mens in die bloederige, warm water.

Bo die dak van die huis is ‘n kalm, geankerde gloed. Die huis is nou volwaardig, absolute, ten volle alles-insluitende kosmos: liefde, trou, siekte, skei, geboorte, dood.

Niemand gaan tydens my geskiedenis in die huis dood nie, maar eendag kom klop ‘n man en sy vrou aan die voordeur env ra of hulle deur die huis kan loop. Dit het aan sy ouma in die 1940’s behoort. Hy onthou met deernisvolle heimwee dit en dat van hoe die huis en sy ouma in die huis vroeër was. En my voorkamer, sê hy, het sy ouma een nag aan ‘n asma-aanval gesterf. Tóé verstaan ek my vele nagte van vlak asemhaal en die gevoel dat iets in die middel van die nag op my bors kom lê en my inasem.

word vervolg

3 antwoorde op AL OM DIE HUISIES (12) – van diabetes en asma

  1. Daarvoor sal jy die briewe moet lees! 🙂

  2. Ons was saam op skool. En universiteit. En oor die jare (25!) het ons paaie dán gekruis, en dan nie. My eerste liefde. Wat van hom geword het? Daarvoor moet jy aanhou lees!

    Groetnis.

  3. O, ekskuus, MK, jy’s dalk ook een van daardie (soos ek) wat die boek se einde lees voor jy halfpad is? Dan’s ek jammer vir jou: ek ken die einde, maar jy kan nie tot daar blaai nie. Giegiegie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.