TUSSENWERPSEL
September 20, 2009 in Sonder kategorie
Miskien is dit net regverdig om die volgende te sê vir diegene wat wonder (en dalk dié wat nie wonder nie!): ek is nie Johannes Lochner/John Teacher nie. My blog meld duidelik dat ek vroulik is, en uit sy briewe behoort dit duidelik te word dat hy wel (uiters) manlik is. Die briewe is dus nie my briewe nie. Ek behartig hierdie blog namens hom, omdat hy dit nie meer kan doen nie, en ek weet hy sou dit wou doen. Dit is ook my manier om my belofte aan sy ma na te kom; dat ek “iets” met die briewe sal doen. Hierdie blog is dus my “iets”. Ek sal daarmee aanhou, solank ek kan.
Ali
alispuy het gesê op September 21, 2009
Nee wat, eintlik wil ek net hê mense moet kennis neem van hom. Sodra ek uitgefigure het hoe, sal ek sy stem ook probeer opsit. Hoop jy geniet die briewe.
alispuy het gesê op September 21, 2009
O, en ek moes seker byvoeg: hierdie blog gaan NIE oor seks NIE (tensy jy tussen die lyne lees!) [Hoe lekker lag ek nou. Soos jy kan sien, het ek wel jóú blog gelees!]
alispuy het gesê op September 21, 2009
Eintlik wou ek dié informasie tot later hou, maar nou kapittel mense my oor “my” lang briewe. Wonder of dit die enigste blog is wat namens iemand anders gedoen word!
alispuy het gesê op September 21, 2009
Man, ek het so half gehoop jy ís die skilder. Dan kon ek dalk die werke goedkoper in die hande kry! Kan net nie die naam onthou nie. Dink ek het dit by Lindy van Niekerk se gallery gesien. Duidelik ken jy jou kuns.
alispuy het gesê op September 21, 2009
Dankie. Ek het nou gesit en soek. Lindy van Niekerk se webwerf is om die een of ander rede ontoeganklik. En ek kon nie die naam onthou nie, omdat ek weet ek kan nie sy werk bekostig nie! Ek is nogal ‘n printpersoon: houtdrukwerk, litografieë, screenprinting, sulke goed. Meer bekostigbaar. En só het ek 5 Cecil Skotnesse bymekaargemaak! (Sjuut, moenie sê nie).
alispuy het gesê op September 24, 2009
Ek het nie na jou kommentaar verwys nie, maar wel na jou blog.