Die perfekte paar

Oktober 25, 2010 in Sonder kategorie

As ‘n groot Gershwin aanhanger het ek heelwat van die man se musiek in my versameling. Maar daar was nog altyd één stuk musiek wat ek met moeite dwars deur kon luister: die vol lengte weergawe van An American in Paris. Noem my nou maar ‘n pleb, maar wees darem eerlik daaroor en erken dat hierdié spesifieke stuk musiek nie naastenby so sensueel op die oor is as Rhapsody in Blue, of so lekker sing-a-long is soos I’ve got rythm of They can’t take that away from me, nie. Dit begin heel opgewek, maar die kakofonie van klank raak nogal oordonderend en word dit uiteindelik vir my die langste agtien minute wat jy jouself kan voorstel.

Die probleem met daardie een het ek uiteindelik ontrafel die dag wat ek die eerste keer die film met dieselfde naam gekyk het. In daardie laaste tonele, met An American in Paris as klankbaan, wanneer Gene Kelly saam met Leslie Caron daardie sestien minute droom ballet dans, dan kom daardie stuk musiek ten volle tot sy reg. (*Sug* ek wens daar was nog mans soos Gene Kelly! En Fred Astaire. Dit sou nogal help as ek Cyd Charisse ook kon wees…)

En dis dan wanneer ek weer daaraan herinner word dat sekere dinge eenvoudig net beter werk as dit nie alleen staan nie – soos Gershwin en Kelly word die een geïnspireer en tot nuwe hoogtes gevoer deur die ander.


Iemand het besluit om die embedding kode van die video te de-aktiveer, maar gaan kyk gerus daarna:

http://www.youtube.com/watch?v=wlvzGT1Ta2w&feature=related


 

1 antwoord op Die perfekte paar

  1. oooooo nice!

    Ek is die laaste week of twee op ‘n Gershwin trip. Rhapsody in Blue bly maar die hoogtepunt – het op die oomlik drie verskillende opnames daarvan in die kar {-;

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.