A dance card (also known by its German-language name, Ballspende, plural Ballspenden) is used by a woman to record the names of the gentlemen with whom she intends to dance each successive dance at a formal ball. They appear to have originated in 18th century, but their use first became widespread in 19th century Vienna, especially at the massive balls during Fasching before Lent.
Dis seer sekerlik nie ‘n Weense bal nie, maar die meeste Matriekafskeide is waarskynlik die naaste wat die meeste jong Suid-Afrikaners ooit aan hierdie ervaring sal kom.
En, tot my groot skok, verbasing en vreugde het die Matriekklas van 2010 sonder dat hulle bewus was van die herkoms of geskiedenis van die dans kaart hierdie tradisie laat herleef…
Verlede week kry ek ‘n FB private boodskap van die huidige hoofseun af. Die grapevine is klaarblyklik steeds heel aktief in my ou skool en hulle het iewers uitgevind dat ek en een van die rugbyafrigters reeds ons danse vir dié week se Matriekafskeid bespreek het. Ja, ek is na die matriekafskeid toe genooi – heel waarskynlik my laaste een, maar aangesien ek benewens my eie Matriekafskeid reeds ‘n paar ander bygewoon het beskou ek dit as voldoende.
Klaarblyklik was die rugbyafrigter egter nie die enigste aanspraakmaker op my danse vir die aand nie…
En om seker te maak dat al my oudskoliere wat graag ‘n kans wil waag met hulle ‘juffrou’ op die dansbaan, is daar ‘n lys gemaak met die name van die jong manne wat die aand met my wil dans – in die volgorde waarin ek met hulle moet dans…net om seker te maak dat hulle almal ‘n kans kry om ‘n paar draaie met my op die dansvloer te maak.
Ek wonder of hierdie kreatiewe jong manne besef dat hulle pas die wiel herontwerp het… want, as jy ‘n oomblik daaroor dink het hulle in der waarheid die outydse Ballspende herontwerp. En ten spyte van die feit dat hierdie dans kaart elektronies versend is bly dit, in beginsel, presies dieselfde as die agtiende en negentiende eeuse dans kaart wat jong dames (verseker heelwat jonger as dié juffrou!) heel dainty om hul gewrigte gedra het tydens ‘n bal en waarop jong mans hul danse met haar kon bespreek.
Wys jou net…die ou gesegde bly steeds waar…the more things change…
Al wat ek weet is dat ek verseker my dancing shoes uit die kas sal moet haal, want, Baby, dans gaan jy dans dié week!
Onlangse kommentare