1. As kind, wat wou jy geword het as jy eendag groot is?
Ek wou ‘n skrywer word vandat ek so twaalf jaar oud was
2. Waantoe sal jy wil gaan vir julle tweede (of eerste!) wittebrood?
Fairytale vrae verdien fairytale antwoorde: Die verlore stad van Atlantis
3. Wat laat jou lag?
Vandag bitter min. Ek is hoofsaaklik die hel in.
4. Waarvoor sal jy wêreldberoemd (famous) wil wees?
Die persoon wat hoër IKs in pil vorm ontdek het.
5. Watter item het jy altyd in jou handsak/broeksak/aktetas?
My kamera
6. Watter persoon het die mees deurslaggewende invloed in/op jou lewe gehad?
Daar is ‘n hele klomp. Maar die een wat uitstaan is my oupa wat my liefde vir lees aangemoedig het.
7. As jy ‘n boek kan skryf, wat sal die onderwerp daarvan wees?
Lost in the Labyrinth
8. Wat beskou jy as die beste uitvindsel ooit?
Sjampanje se borreltjies
9. As jy een gebeurtenis/moment in jou verlede kan verander, wat sal dit wees?
Daar is dalk een of twee daar iewers…
10. Wat beskou jy as jou grootste prestasie?
Dat ek my drome aktief najaag
11. As jy vir die res van jou lewe slegs een gereg mag eet, wat sal dit wees?
My ma se Sondagmiddagete – Lamsboud met sampioen groenboontjies, gebraaide aartappels, pampoenkoekies en slaai met crème brûlée vir nagereg.
12. Wat is jou gunsteling stokperdjie/tydverdryf?
Skryf, lees, musiekluister & borduurwerk doen
13. Wat maak jou regtig kwaad?
Mense wat nie ander mense in ag neem nie
14. Wat is jou mees kosbare besitting?
Ek hou van mooi goed, maar is nie geheg daaraan nie.
15. Watter doelwit wil jy nog in jou lewe bereik?
Daai boek….
16. Watter gebeurtenis het die mees invloedryke uitwerking op jou lewe gehad?
My geboorte…
17. Wat is jou natuurlike haarkleur?
Donker bruin
18. Wat is jou beste karaktereienskap?
Lojaliteit
19. As jy een hele Saterdag vir jouself het, wat sal jy doen?
Laat slaap, die heel dag in pajamas rondslenter, keurige kos, heerlike wyn, ‘n paar goeie boeke, my gunsteling musiek en dalk selfs ‘n dvd of twee…
20. Wat is jou “pet peeves”; watse klein goedjies sit jou af?
SMS taal, mense wat nie in volsinne praat nie, om my sleutels te verlê, drentelaars en flou verskonings.
21. Wat is jou mooiste herinnering?
Hulle almal het mense in vir wie ek oneindig lief is.
22. As jy iets kon uitvind/bou/ontwerp om jou lewe te vergemaklik, wat sou dit wees?
Binne-aarse kaffeïen voeder.
23. As jy een iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?
Dat my child-bearing hips minder rojaal moet wees.
24. Watter drie woorde beskryf jou persoonlikheid die beste?
Sosiaal aangepaste introvert
25. Wat verkies jy: stoute verpleegstertjie in ‘n klein wit mini; wulpse “french maid” met ‘n valletjie-voorskoot en verestowwer; “catwoman” in ‘n gladde leer “leotard” en ‘n sweep; of preutse bibliotekaresse met ‘n bril en ‘n bolla en ‘n kop vol planne?
Skip alles, behalwe die ‘kop vol planne’ deel. ‘n Girl kan baie verder daarmee kom as die res van die opsies gekombineer!
26. Wat is die beste raad wat jou ma jou ooit gegee het?
Wees gelukkig.
27. Wat beskou jy as goeie vermaak?
My mind-set sou bepaal of dit brainless of stimulerende vermaak moet wees. Elkeen het sy eie lys opsies beskikbaar.
28. Watter karaktereienskap in jou man/vrou het jy die meeste waardering voor?
NVT
29. As jy ‘n superhero kon wees, wie sou jy wees en hoekom?
Shame, die arme goed se lewens is ook nie altyd so maklik nie. Ek moet sê ek sou eerder Louis Lane as ‘n superhero wou wees 😉
30. Watter deel van jou lyf hou jy die meeste van?
My skerp tong
31. Watter vaardigheid sal jy graag wil baasraak?
Ek wil leer brood en beskuit bak. Enigiets wat gis in kry maak my benoud.
32. Wat doen jy om te ontspan? Hoe bederf jy jouself?
Laaaaang borrelbaddens met kerslig, rooiwyn, sjokolade, ‘n digbundel en jazz.
33. Wat laat jou huil?
Frustrasie, woede, magteloosheid, sentiment, nostalgie, vrees, vreugde en sommige van my pa se grappe.
34. As jy ‘n totaal nuwe loopbaan/beroep kan kies, wat sal dit wees?
Op dié stadium van my lewe wil ek absoluut niks anders doen as wat ek doen nie.
‘n Hoofpriesteres van die een of ander antieke kultus het egter ‘n sekere je ne se quoi…
35. Een ding waarin jy regtig goed is?
wakkerbly
36. As jy jou kinders een les kan leer, wat sal dit wees?
Nog ‘n mitologiese vraag…. die keer egter met ‘n ernstiger antwoord: Hoe om te vlieg sonder vlerke.
37. Hoe sal jy jouself vermaak as jy aan slapeloosheid ly?
Tel agteruit van 1000 tot een of ek….mmm…daai geheim gaan ek nie met julle deel nie, jammer!
38. Wat beskou jy as die basis vir ‘n suksesvolle huwelik?
Wedersydse respek, vertroue & lojaliteit.
39. As jy ooit ‘n ontkleedanseres word, wat sal jou “stage name” wees?
Fata Morgana 😉
40. Waarvoor sal jy graag eendag onthou wil word?
She lived life deliberately.
Onlangse kommentare