[Sleep is] the golden chain that ties health and our bodies together – Thomas Dekker(1577-1632)
Nou die aand se vinnige en informele steekproef het ‘n hele paar uiteenlopende slaappatrone opgelewer. Die rede waarom ek die vraag gevra het, was omdat ek die afgelope week ‘n baie interessante artikel raakgeloop het deur Roger Schmidt, Caffeine and the coming of the enlightenment met my Pope navorsing. (En julle ken my teen die tyd ook seker al goed genoeg om te weet dat enige artikel wat na my gunsteling donkergoud verwys my aandag sal trek.)
Slaappatrone was, volgens Schmidt, redelik homogeen tot aan die einde van die Renaissance. Volwassenes het, as ‘n reël teen negeuur in die aand gaan slaap en hul slaappatroon was gekenmerk deur twee vier uur periodes van diep slaap (agt ure dus wat die Tronkies, Verskrikliks, Thomasse, Anhas, Maankinders en Annemeri’s gerus behoort te stel) wat in die middel gebreek is deur ‘n uur van semi-wakkerwees waartydens mense hul drome in die voorafgaande vier ure oordink het. (Wat nogal aan Stilekke en Poppie met Pakkie se rituele herinner.)
Hierdie rus ure was so belangrik dat dit ook in die letterkunde besing is. Om eerlik te wees, dit was so ‘n belangrike aspek van hulle daaglikse lewe dat Shakespeare en sy tydgenote die ure wat ‘n mens geslaap het verhef het bo enige dagtaak of aktiwiteit. John Donne het in 1630 tydens ‘n preek na slaap verwys as shaking hands with God. En Shakespeare se Prospero het ook ‘n hoë waarde geheg aan slaap.
So hoog dat hy dan ook sê:
We are such stuff
As dreams are made on; and our little life
Is rounded with a sleep.
William Shakespeare, The Tempest Act 4, scene 1, 148–158
En die ouens van die Renaissance het ‘n punt beet gehad met hulle agt ure slaap elke aand. Moderne wetenskap en navorsing oor optimale slaap vereistes het tot die volgende gevolgtrekkings gekom:
…individual sleep needs vary. For instance, eight hours of sleep per night appears to be optimal for most adults, although some may need more or less. …. Not getting enough sleep, while still allowing us to function in a seemingly normal manner, does impair motor and cognitive functions. Caffeine and other stimulants cannot substitute for sleep, but they do help to counteract some of the effects of sleep deprivation.
Sien Tronkie, daar is toe niks ‘dom’ aan agt ure slaap saans nie!
As moderne wetenskap en die Rennaissance dan tot dieselfde gevolgtrekkinge kom oor die belangrikheid van slaap, hoe het dit gebeur dat so baie van ons vandag met tussen 25 en 50 persent minder slaap oor die weg probeer kom?
Time is money – Benjamin Franklin 1748
Die probleem, aldus Schmidt, het sy ontstaan gehad in die tydperk wat op die Renaissance gevolg het, die Restoration en agtiende eeu. Die aanhaling hierbo is een wat endemies is aan die ontstaan van grootskaalse kapitalisme. En die kapitalisme van die Restoration het die optimale benutting van tyd as ‘n virtue beskou en, aan die ander kant van die munt, te veel slaap as ‘n teken van luiheid.
Volgens Schmidt was dit egter nie kapitalisme wat gelei het tot die afname in die gemiddelde slaap ure van die Restoration samelewing nie. The rise of Enlightenment science and the spread of capitalism reconfigured the world in spectacular ways, but their histories have obscured the more quiet, and equally profound, revolution in the world of sleep. Sleep deprivation is both a symptom of modernity, as well as one of its primary causes.
Dawn: When men of reason go to bed – Ambrose Bierce
As dit dan nou nie die ontstaan van kapitalisme is wat gelei het tot slapelose nagete nie, wat was dit dan? In sy artikel stel Schmidt voor dat vier verskynsels van die Restoration verantwoordelik was vir die concomitant shift in the valuation of sleep…
I have measured out my life with coffee spoons – T.S. Eliot
In 1650 het ene Jacob die eerste koffiehuis in Londen geopen. Binne ‘n dekade het koffie- en teehuise reg oor Londen wortelgeskiet en het dit deel was dit so en vogue dat dit die middelpunt van Londen se kommersiële mag geword het. Maar, belangriker as die kommersiële sy van die saak het die koffie- en teehuise die middelpunt van politieke, ekonomiese en kulturele aktiwiteite geword in die stad. Soveel so dat sekere koffiehuise geïdentifiseer is deur die ‘tipe’ mense wat jy daar sou vind met verwysing tot hul sosiale, kulturele of politieke oortuiging.
Dié drankies het so gewild geraak dat mense dit enige tyd van die dag gedrink het. My huidige navorsingsonderwerp – Alexander Pope – was ‘n groot fan van koffie. Soveel so dat hy ‘n beautiful fetishization of the coffee bean insluit in sy gedig The Rape of the Lock:
For lo! the Board with Cups and Spoons is crowned,
The Berries crackle, and the Mill turns round.
On shining Altars of Japan they raise
The silver Lamp, the fiery Spirits blaze.
From silver Spouts the grateful Liquors glide,
While China’s Earth receives the smoking Tide.
At once they gratify their Scent and Taste,
And frequent Cups prolong the rich Repast
Coffee (which makes the politician wise,
And see through all things with his half-shut eyes)
Dis dus nie ‘n groot verassing om uit te vind dat Pope as die eerste belangrike Engelse skrywer met ‘n koffie verslawing beskou word nie. Die man het saans in sy bed gelê en sy ‘heroic couplets’ gekrabbel tot die vroeë oggendure terwyl hy deurgaans nog koffie van sy bediende geëis het. Vele van sy werke, maar veral in die Dunciad, is deurspek met verwysings na sy slapeloosheid. Pope se koffiedrinkery het dus die gevolge van sy slapeloosheid verlig tot dieselfde mate as wat dit die slapeloosheid veroorsaak het.
Maar dit was nie net koffie wat tot die afname in slaap gelei het nie.
Unfortunately, the clock is ticking, the hours are going by. The past increases, the future recedes. Possibilities decreasing, regrets mounting — Haruki Murakami
In 1656 ontwerp ‘n Nederlandse sterrekundige, ene Christiaan Huygens, die pendulum horlosie wat daartoe gelei het dat daar binne ‘n paar dekades ‘n redelik akkurate sakhorlosie op die mark verskyn het. En skielik was die mens nie meer afhanklik van die son en ‘sundials’ (‘skuus die Afrikaans ontglip my op die oomblik) om tyd aan te dui nie. Schmidt verwoord die fenomeen as volg:
The shift from measuring time against the natural movement of light and darkness to measuring it by the clock eroded the last foundations of the nocturnal world. A clock does not discriminate between night and day-to a machine, all hours are the same.
Dink net vir ‘n oomblik… hoeveel keer het dit nou al met jou gebeur dat jy in die middel van die nag wakker lê en daardie liggie op jou wekker druk net om te sien dis half-een…twee uur…kwart voor drie…vieruur… en jy lê nog steeds wakker… selfs al weet jy dat jy môreoggend half-ses moet opstaan om betyds te wees vir die vergadering wat agtuur begin…
Die sakhorlosie en die wekker het ons daartoe instaatgestel om tyd gedurende die donker ure van die dag te meet. Wat beteken dat die mens ‘n bewussyn van tyd ontwikkel het wat hy nie vantevore gehad het nie. Geen wonder dat die een of ander bright spark opgemerk het Nothing cures insomnia like the realization that it’s time to get up nie.
Die verloop van tyd – veral terwyl ‘n mens eintlik veronderstel is om reeds aan die slaap te wees, het een van die moderne samelewing se grootste vyande geword.
Night, a more perfect day – Arthur Symons
I would like to suggest that the history of modern sleep is not one of slow evolutionary change, but rather of an abrupt transformation that occurred in the late seventeenth century; advances in lighting technology were a response to this change rather than a primary cause.
History of Lighting and Lamps sal jou vertel dat [i]n the 18th century, the central burner was invented, a major improvement in lamp design. The fuel source was now tightly enclosed in metal, and a adjustable metal tube was used to control the intensity of the fuel burning and intensity of the light. Around the same time, small glass chimneys were added to lamps to both protect the flame and control the flow of air to the flame. Ami Argand, a Swiss chemist is credited with first developing the principal of using an oil lamp with a hollow circular wick surrounded by a glass chimney in 1783. …In 1792, the first commercial use of gas lighting began when William Murdoch used coal gas for lighting his house in Redruth, Cornwall.
Die ontwikkeling van die gaslamp het beteken dat ‘lig’ heelwat goedkoper geraak het as in die voorafgaande tydperke, wat beteken het dat ‘n mens nie meer gedwonge gevoel het om so vroeg as moontlik te gaan slaap om daardie waardevolle kerse so lank as moontlik te laat hou nie. ‘n Goedkoper ligbron het dus bygedra tot die feit dat ‘n mens heelwat later kon gaan slaap en gevolglik minder geslaap het, wat op sy beurt weer tot slapeloosheid gelei het.
Black night, black night,
I don’t need black night,
I can’t see dark night.
Maybe I’ll find on the way down the line
that I’m free, free to be me.
Black night is a long way from home – Deep Purple
Volgens Schmidt was dit egter nie net kapitalisme óf koffie óf sakhorlosies óf gaslampe wat gelei het tot die radikale veranderinge in die moderne mens se slaappatrone nie. Want, volgens hom, was dit die natuurlike evolusie wat vereis is deur die literêre fenomeen van die Restoration/ Englightenment/ agtiende eeu (noem dit net wat jy wil) wat hierdie veranderinge nie net gewens gemaak het nie, maar wat dit vereis het vir die oorlewing van die moderne wêreld se mees geliefde en mees gevierde literêre genre: die roman, oftewel die novel… .
The history of caffeine consumption cannot be extricated from the history of literary consumption, especially of the novel, and both are implicated in the historical devaluation of sleep as a meaningful activity. It is hard to imagine the common reader progressing enjoyably through the nine hundred pages of Tom Jones or the seven volumes of Clarissa without the aid of artificial stimulants. Nor can one easily imagine how the common reader met the demand for time such long works impose, except by reading into the night-indeed, by reading in bed, “a dangerous practice,” according to Samuel Johnsons friend, Sir John Hawkins, alarmed by this new trend..
Want die fenomeen van die moderne roman, oftewel die novel, is vanuit ‘n literêre perspektief waarskynlik die belangrikste en mees radikale ontwikkelinge van die agtiende eeu. En met die wat boeke al makliker bekombaar was en daar meer skrywers was wat professioneel geskryf het om gelees te word en nie net as ‘n private ego-trip nie het mense se keuse van leesstof toegeneem terwyl hul tyd om te lees terselfdertyd al minder begin raak het.
A shift in the perception of time, a steady diet of caffeine, the habit of nocturnal reading – it adds up to the death of sleep, at least as the old culture knew it. No more the long night’s journey into day. With the disruption of traditional sleep patterns, a complicated and interrelated chain of events was set in motion that left society reeling with sleeplessness.
En ek kan verstaan hoekom dit lesers sou wees wat die dryfkrag agter die vraag na beter lig en meer ure geword het…Hoeveel nagte het ek nie al gelees tot die son opkom nie? Of, ten spyte van die feit dat ek die heeldag by die werk ‘lees’, saans artikels opswot, nog steeds nie kan gaan slaap sonder om ‘n paar gedigte, kortverhaal of novelle te lees nie. Dan praat ons nie eens van my koffie-issues nie. As ek moes kies tussen lees en nog twee ekstra ure slaap saans is daar net een wenner. Een van ‘n lang ry bibliomane deur die afgelope driehonderd jaar of so.
Onlangse kommentare