Jy blaai in die argief vir 2010 Junie.

Nightmare

Junie 30, 2010 in Sonder kategorie

Have you ever been afraid of the night?

When the sun succumbs to the inevitable draw of gravity
and darkness enfolds you and the world you live in
When its tentacles reaches not only to encompass
the world but surreptitiously prods your memory bank
Twitching into the deepest recesses of repressed remembrance
Extracting the dark demons that are hidden there
Wrenching, tugging, yanking them from recesses
Of subconscious denial to a level more accessible
to memory – unacknowledged yet floating ever so close to the surface
Where only a vulnerable moment – a dream – is necessary
to allow them to manifest unawares within the sphere of reality

You find yourself helpless against the onslaught

Vulnerable within the nebulous maybe it is/ maybe it isn’t
virtual reality of a simultaneous existence
Which only manifest in moments of susceptibility
to the suggested scenario which unexpectedly occupies
Your corporeal knowledge and existence
within a sphere you have no active control over
Except for the built-in failsafe of self-preservation
which forces you to remove yourself
From the physical reality of a subconsciously perceived threat
that reason and realisation can’t accounted for

It’s only in the aftermath, in the light of day
where confusion and awareness are forced
To find a way to account for the unexpected,
inexplicable, uncertainty of how you have gotten
To this time, this space, this truth
which you have to face in the harsh light of day.

Now, I’ll ask you again…
Have you ever been afraid of the night?

My Skoonmaakfeë se nota

Junie 26, 2010 in Sonder kategorie

Ek het baie lank gedroom van huisfeetjies. Die tipe wat jou toelaat om eendag by jou huis in te stap en alles is wonderbaarlik skoon – die skottelgoed gewas, die wasgoed gestryk, die vensters wat blink en die hele huis ruik sommer lekker.


Daar is deesdae ‘n skoonmaakfeë in my lewe. Ek weet haar naam is Essie, maar ek het haar nog nooit gesien nie. Een maal ‘n week kom laai die agentskap se bussie haar half-nege by die huis af en my faktotum (eintlik die voorman en opsigter van die kompleks ontwikkelaar, maar ook dié single girl se staatmaker wat seker maak dat mure geverf, Dstv gekoppel, garage deur herstel en Telkom lyn installeer word terwyl ek by die werk is) sluit die huis vir haar oop sodat sy haar toorkunsies in my huis kan beoefen en sluit weer die deur wanneer sy vieruur sê magic managed!

En ek stap op ‘n Vrydagaand by ‘n skoon huis in – alles op hul plek, klere gestryk en in die kas, skoon lakens op die bed en vars handdoeke in die badkamer – en kan met ‘n sug van verligting op die bank gaan sit met ‘n glas wyn en my skoene uitskop.

Soms kry ek selfs ‘n nota van Essie af teen die yskas. Kort notatjies soos:
DK, die Mister Min is amper op. En groen sunlight liquid maak beter skottelgoed skoon as die geel. Koop daarvan saam met die Mister Min. En DK DK moet ‘n baie lekker naweek hê. Groete Essie.
of
DK, ek kon nie die stoep vee nie, want dit het te veel gereën. En die blomme in die kamer is oor hulle tyd. Ek het dit weggegooi. En DK, DK moet ‘n baie lekker naweek hê. Groete Essie.

Ek het gewoond geraak aan Essie se notas en hét toe groen Sunlight gekoop (al is ek nie so seker oor die skoner was nie!) want dis vir my belangriker om Essie gelukkig te hou…Ek sidder om te dink wat van my sal word as Essie die dag besluit om nie meer my huis skoon te maak nie. Ek het immers twee ander feetjies van die agentskap voor haar op die proef gestel en nie een van hulle was op Essie se standaard nie. Sy kyk baie mooi na my.

Gisteraand se nota teen die yskas was bewys daarvan:

DK, jy moet nuwe klere koop die naweek. Ek stryk elke week dieselfde blouses en broeke. Jy kan nie elke dag dieselfde klere oor en oor dra nie. En koop mooi goed! En DK DK moet ‘n baie lekker naweek hê. Groete Essie.

Die baas van dié huis het gepraat! Ek wonder of Essie my, nes my huis, ook onder hande sou wou neem as sy ‘n kans kon kry. Wink

Vir MK ‘n Modified digitale foto van ‘n Post-afskeid Matriekafskeid foto…

Junie 24, 2010 in Sonder kategorie

Die post-matriekafskeid shoot is deur ‘n vriendin gedoen op die trap van die McGreggor Museum.

My hare lyk beter as die disaster van die werklike Matriekafskeid.

Al wat die mense onthou het van my ‘grand entrance’ was die feit dat my date ‘n oorbel gedra het.
(Hy het syne by die huis gelos, was bang vir my pa… Ek het dit verwag en vir hom een gekoop as ‘n dankie-sê geskenk omdat hy saam met my gegaan het. Hy is Engels, was in die buurskool en woon deesdae op ‘n tropiese eiland. Ons bel mekaar nog soms.)


Scoring off-field

Junie 22, 2010 in Sonder kategorie


Sedert ek ‘n week of twee gelede die N1 stad se kant toe begin aandurf het, het ‘n billboard langs Century City gepryk wat my daagliks – en om verskeie redes – laat glimlag het.

Die advertensie het ‘n bekende kommersiële juwelier se ware adverteer met behulp van ‘n enorme diamantring geset in witgoud of platinum met ‘n raam van kleiner diamantjies rondom. Opgeblaas tot daardie grote lyk dit seker heel indrukwekkend, maar girls luister nou BAIE MOOI na iemand wat grootgeword het in die diamantbedryf: Op daardieselfde billboard het De Beers ‘n paar jaar gelede ‘n massiewe solitaire geplak met die tag-line: Size does matter.

Hulle was reg. Dit maak nie saak hoe indrukwekkend die bling jou kneukel verberg nie. Twee karaat splinters is en sal altyd ‘n vermorsing van geld wees. As jy die keuse het, kies dan eerder die half karaat blou-wit solitaire met die uitstekende, meer tradisionele snit… Dit is ‘n baie beter langtermynbelegging, selfs al maak dit nie ‘n kneukel toe nie. (Die ideaal sou natuurlik die ekwivalent van twee karaat in ‘n blou-wit solitaire te kry, but a girl can only dream.)

Terug by die billboard wat vandag verwyder is: Die tagline was die hoofrede waarom ek elke dag met ‘n glimlag daar verby gery het (en ek het daagliks gebrand om ‘n foto daarvan te neem, maar die verkeer op daardie spesifieke punt is effe tricky, so vergewe maar).

And she scores! Het in groot letters langs die verskrikking geset met edelgesteentes gepryk.


In die eerste plek kon ek die tong-in-die-kies sokker verwysing nogal waardeer: Enige man wat om verskoning vra vir sy Fifa-verwante bedrywighede met ‘n paar karaat edelgesteentes kan, myns insiens, soveel sokker kyk as wat hy wil een maal elke vier jaar. (Mits dit natuurlik aan die voorafbepaalde vereistes voldoen – verwys na paragrawe twee en drie.) En ek dink heimlik dat dit ook maar goed is dat die juweliers nie daaraan gedink het om die spesifieke advertensie te loods ten tye van iets soos die Super 14 of Currie Beker nie, want ek ken ‘n paar manne wat elke jaar brandarm na die finaal sou moes kyk!

Maar, wanneer ‘n mens na die emotiewe konnotatiewe assosiasies van die tagline kyk, vereis die seksuele ondertone wat deur slang geassosieer word met die woord score egter ‘n heel nuwe interpretasie van die advertensie.


Die probleem is waarskynlik gesetel in die beeld wat gebruik is – die ring. Want internasionaal, veral in die Westerse wêreld, word ‘n diamantring assosieer met verlowings. Sou dit ‘n armband, halssnoer of selfs ‘n armband wees wat hulle in die advertensie gebruik het, sou die onderliggende suggestie nie teenwoordig gewees het nie. Maar ‘n ring, en per assosiasie ‘n verloofring veroorsaak onrustigheid. Veral in ‘n land waar sekere kulturele praktyke daarna neig om vroue as kommoditeite in die huweliksfeer aan te bied.

Want, met hierdie billboard wil die konnotatiewe assosiasie wat die ring en die woord score aan mekaar verbind, suggereer dat ‘n vrou meer ‘wen’ as bloot net ‘n trinket vir haar juwelekissie of ringvinger. Ek kan net dink dat die liberale feministiese faksies ‘n field-day met dié een kon hê.

Ek kan aan ‘n hele paar moontlike argumente dink: Die advertensie impliseer dat die vrou wat die ring ontvang score omdat sy die man van haar drome vasgetrek het; sy score die sosiaal-aanvaarbare status van getroude vrou; sy score die sekuriteit van ‘n huwelik. Sou ek wou, kon ek waarskynlik maklik enigeen van dié argumente oortuigend beredeneer.

Maar, ek wil graag die adverteerder die voordeel van die twyfel gun – veral binne die sosiohistoriese konteks waarin die land tans verkeer. Daarom sal ek graag eerder wil dink dat dié advertensie ‘n baie skerp, en relevante, kommentaar op die sokker en ons land se obsessie met sport is (ek sal nou nie die growwe veralgemening daaraan heg deur die woord ‘mans’ iewers tussen ‘land’ en ‘obsessie’ by te voeg nie – ek is immers self selektief sport-obsessief!) en nie ‘n gender-verwante kommentaar is nie. Alhoewel, ek vermoed, dat dit waarskynlik wel die rede is waarom die billboard so gou verwyder is.

En dan, ten spyte van die relaas, bly die feit (na my mening en oortuiging) steeds staan dat die ikoon, Marilyn Monroe, wel reg was toe sy gesê het diamonds are a girl’s best friend. Zsa Zsa Gabor het nie verniet gesê I’ve never hated a man enough to give him back his diamonds nie! Wink

Wimbledon 2010

Junie 20, 2010 in Sonder kategorie

Dis die vooraand van my gunsteling twee weke op die wêreld se sportkalender. Die lang deurnag wag in die mees befaamde ry in die wêreld het al ‘n paar uur gelede begin – die bandjies vir diegene wat die gesogte kaartjies vir Centre Court gaan kry is teen die tyd al reeds uitgedeel en die res gaan die aand daar in die park deurbring met die hoop om betyds vir die eerste afslaan binne die hekke van die All England Law Tennis Club te wees.

Jip, dis weer tyd vir Wimbledon. En ten spyte van die feit dat ek die jaar waarskynlik minder van die kampioenskappe te siene sal kry as enige vorige jaar gaan ek steeds met doelgerigte belangstelling die aktiwiteite daar in SW19 dophou. Want ek vermoed dat hierdie jaar heel moontlik een van die interessantste in ‘n baie lang tyd gaan wees.

As alles volgens plan – en die rangorde – verloop behoort die twee reuse van tennis mekaar weer oor twee weke op die grasbaan te ontmoet. Federer se visier is immers gefokus op daardie rekordbrekende sewende titel en die mooie Rafa wil waarskynlik ‘n punt bewys nadat hy verlede jaar nie sy titel kon verdedig as gevolg van sy besering nie. Maar daar is nietemin ‘n paar bedreigings vir hierdie idilliese finaal. Novak Djokovic is ‘n toenemende bedreiging wat algaande beter tennis speel. En met die Queen wat vir die eerste keer in iets soos 25 jaar ‘n draai gaan kom maak mag die Groot Britse Hoop, Andy Murray, dalk net nuwe inspirasie vind om dinge deurmekaar te woel in die mansafdeling. Sesde gekeurde Robin Soderling het die afgelope twee jaar beide Federer en Nadal se doppies geklink iewers langs die pad en dit sou onvergeeflik wees om hom af te skryf voor die eerste bal nog geslaan is. En ten spyte van die feit dat Lleyton Hewitt slegs vyftiende op die ranglys is was hy nog altyd ‘n mededinger om mee rekening te hou op die groen gras. ‘n Ware dark horse as daar al ooit een bestaan het.

Maar, ek vermoed die interessantste verwikkelinge gaan die jaar by die dames te siene wees.

Ten spyte van hul oorweldigende dominansie op die groen gras van Wimbeldon die afgelope dekade kan nie Venus of Serena Williams té gerus slaap op die oomblik nie. Ten spyte van die feit dat die veterane Kim Clijsters en Justine Hennin onderskeidelik agste en vyftiende op die ranglys gevind kan word het die twee dames met net een rede teruggekeer na tennis. En dit is om daardie Venus Rose Trofee omhoog te hou. Maria Sharapova is ook die jaar terug by Wimbledon en sy het verseker ook ‘n punt om te bewys – nes die ‘nuwer’ gesigte soos Jelena Jankovic, Daniela Hantuchova en Marion Bartoli wat die een of ander tyd hopelik die Big Match Temprament sal vind om hul talent te ondersteun wat hul werklik kompeterend sal laat deelneem in hierdie Grand Slam. Hoe dit ook al sy, ‘n mens kan dit nie waag om hulle af te skryf nie – veral nie in die eerste week wanneer die Williams susters hulself histories match fit speel nie. As daar ooit ‘n tyd is wanneer daardie twee wel uitgeskakel kan word, is dit heel waarskynlik tydens die eerste drie of vier dae van die Ope.

Ek gaan nou ‘n paar voorspellings waag vir die jaar se kampioenskappe. Moet dit egter nie gebruik om jou weddenskappe op te baseer nie!

Indien die Williams susters die eerste week oorleef gaan hulle waarskynlik onstopbaar wees. En sou hulle mekaar in die finaal ontmoet sou ek dit waag om te voorspel dat Venus dié jaar sal wen om seker te maak dat die susters die 11-11 balans behou.

Met die manne is daar nie ‘n opsie nie. Dit moet eenvoudig ‘n Federer-Nadal finaal wees. Jammer, maar niks anders sal deug nie. En ek weet watter een van die twee my heelhartige steun gaan hê.

Vamos!

Nou wag ons net vir daardie ikoniese woorde:

Quiet please…

Play!

Vier seisoene kind – Wilna Adriaanse

Junie 20, 2010 in Sonder kategorie

Ek weet nie eintlik hoe dit gebeur het dat ek nié bewus was van die feit dat een van my gunsteling skrywers se nuwe boek verlede maand op die rakke verskyn het nie. Hoe dit ook al sy – ek was gelukkig genoeg om haar wel raak te sien terwyl ek my pa se Vadersdag geskenk gaan haal het. Toe ek boonop besef dat Wilna Adriaanse die geliefde drieman(vroue)skap van Met ander woorde weer op die voorgrond laat tree was dit onmoontlik om nié tyd af te knyp die naweek om te sien hoe die girls se lewens verander het in die vyf jaar sedert die einde van hul studente dae (waar Met ander woorde geëindig het) tot die begin van Vier seisoene kind nie.

Wilna Adriaanse is een van die suksesstories wat gebore is uit die Jasmyn imprint stal. Ek het destyds haar ‘n Ongewone belegging en Alleenvlug gelees as voorbeeld tekste toe ek vir Jasmyn keurverslae begin skryf het. Sy’t lekker lees romans geskryf wat altyd iewers ‘n interessante kinkel in die kabel gehad het. Sommige was ook heel tong-in-die-kies. Haar eerste ‘volwaardige’ roman, Rebecca, het steeds ‘n sterk Jasmyn-roman gevoel gehad. Maar ek dink dat dit met haar tweede roman, Met ander woorde, was wat Wilna Adriaanse se ‘stem’ duidelik na vore begin tree.

Dit het baie duidelik geword dat Wilna nie bang was om moeilike temas met geweldige deernis aan te spreek nie. In Met ander woorde was dit verkrag en in Die boek van Ester spreek sy politiese onstabiliteit, moord en die belangrikheid van natuurbewaring in Afrika aan.

In haar nuutste, Vier seisoene kind, is die hoofkarakter, Cato, ‘n weduwee wat nie net oor haar man se dood rou nie, maar ook skielik met ‘n ander probleem of twee gekonfronteer word. Soos vroeër genoem het sy en haar vriendinne reeds hul buiging gemaak in Met ander woorde en alhoewel nie noodsaaklik is dat ‘n mens dit eers moes lees om die nuwe boek te kan geniet nie, dink ek dit is ‘n belangrike deel van die verwysingsraamwerk vir hierdie boek. Veral omdat Cato self dikwels na haar ‘ou’ self verwys glo ek dat dit die leser heelwat begrip gee vir die geweldige veranderinge wat die karakter ervaar in haar menswees en binne die konteks waarin sy haarself bevind. En alhoewel Cato sentraal staan in hierdie verhaal speel haar twee vriendinne steeds ‘n bepalende rol in hierdie boek.

Ek dink een van die redes waarom ek die twee boeke so geniet het, is juis die feit dat ek so met die karakters kan assosieer. Toe ek in 2006 Met ander woorde vir die eerste keer gelees het, het ek, nes hulle, aan die einde van my studentelewe gestaan – op die drumpel van ‘n onbekende ‘grootmens’-wêreld. Vier jaar later het ek ook heelwat begrip vir die feit dat ‘n mens se lewe soms paaie met jou loop wat jy nooit kon voorsien of verwag het nie; dat jy jouself soms in situasies bevind waarin sink nie ‘n opsie is nie en dat dit help as daar mense rondom jou is op wie jy kan staatmaak wanneer jy jou eie oordeel in twyfel trek.

As ek so tussen die lyne lees vermoed ek dat die tyd amper ryp is om die derde van die driemanskap – Helen – se storie ook te vertel. So van kompleks en neuroties gespanne perfeksionistiese karakter het ek lanklaas teëgekom. Haar storie sal beslis ‘n gepaste toevoeging tot die trilogie wees. (En natuurlik sal dit vreeslik gaaf wees om uit te vind hoe dit verder met dié drie se lewens gaan. Ek is nie seker of dit my nuuskierig of selfsugtig maak nie, maar ek sê maar net…ingeval iemand met insae en invloed per ongeluk hier lees… Wink)

Auto de fé

Junie 17, 2010 in Sonder kategorie

Ek staan naak voor jou… gestroop van enige verweer… blootgestel aan jou oordeel… veroordeel… kritiek…

En tog sonder enige twyfel.


Want ek weet wat jy voor jou sien is, ten minste, een faset van die eie ek.

Jy is bevoorreg weet jy dit?

Voor jou is ek seer sekerlik die mees outentieke ‘ek’ wat moontlik aan die wêreld vertoon sal word.

Jy sien die weerkaatsing van my spieël soggens wanneer ek uit die stort tree – hare nat toegebondel in ‘n roomkleur handdoek – net effe ligter as die skakerings van peaches and cream wat die rondings en kurwes van my fisiese omvou.

Nog voor die kosmetiese lae gelak word om die profiel te skep wat die wêreld binne ‘n uur of twee sal sien na die motorhuis se outomatiese deur, die gegote hekke van die kompleks en booms van die parkeerarea oop en toe gegaan het.

So netjies afgerond, geaksentueer, die gemoduleerde faset van my ‘ek’ wat met vertroue aan die res vertoon word.

Ja, jy sien haar soms, maar meer dikwels is dit die gestroopte weergawe wat voor jou kom staan.

Die een wat haar opoffer aan die oordeel van die gemene deler van ons samesyn. Verskans deur die gewaande veiligheid van ‘n ADSL konneksie is sy baie braaf; anonimiteit is mos ‘n gegewe in die spel waarin ons deel. En tog, selfs agter die gewaande masker is ‘n mens bewus van die feit dat jy jouself ontbloot soos nooit vantevore nie.

Dis amper soos daardie dae op die plaas toe ons – baie braaf – gekyk het presies hoe na ons met ons vingers aan die vuur kon kom sonder om te brand. En hoe lank jy hulle op die drempel van ongemak kon laat huiwer voordat jy met ‘n gedempte gil jou vingers uit die vuur sou ruk.

Ek hang soms aan die enkels van die engele hoog
Ek staan soms op die skouers van die reuse daar bo*

Net wanneer ek dink dat die man nooit weer iets nuuts sal kan sê nie raak Steve twee reëls soos dié in die lirieke kwyt van ‘n lied met ‘n twyfelagtige titel soos ‘Malpitmuti’.

En tog kan ek nie ophou om aan daardie twee reëls te dink nie. Hoe goed ken ek nie daardie gevoel nie?

Is dit nodig om enigiets meer as dit te sê?

Ek hang soms aan die enkels van die engele hoog
Ek staan soms op die skouers van die reuse daar bo

Dalk, vir oulaas, dan net dit… uiteindelik kan ek nie anders as om die waarheid vol in die oë te staar nie. JY is my auto de fé…

Dit help nie om te baklei nie…

Junie 15, 2010 in Sonder kategorie

Want al was ek nie die enigste persoon wat daardie humbro gedrink het nie, was ek beslis die enigste een wat moes onthou dat ek die bottel weggegooi het en ‘n nuwe een moes koop!


Selfs die rooiwyn wat in die kas gebêre word is vanaand net té koud.


Ek gaan môre die heel dag in die bed sit en werk… met die elektriese kombers én ‘n verwarmer of twee aan.


En, net voor ek gaan… ‘n Mens moet sekere ander dinge ook maar gelate aanvaar.

En soms laat dit jou selfs glimlag.

Soos die ironie van spitsverkeer.



Ma het ‘n vriendin – ‘n Stoere Tukkie – wat altyd, met verwysing na Stellenbosch gesê het

“Van eikebome en waterstrome kan ‘n mens ook nie leef nie.”

Maar ‘n mooi uitsig kan selfs spitsverkeer meer draaglik maak.



oooh, oooh, voor ek vergeet… ek moet darem so bietjie brêg ook: Die eerste punte het terugekom van Unisa af – stewige B’s vir die eerste twee opdragte. Na ses studielose jare is ek nogal opgepluk met myself.

Semper Fidelis @ 11

Junie 10, 2010 in Sonder kategorie

I am waiting for your call…


At eleven, like clockwork, my phone will ring…for some mysterious reason you are always able to find me…I’ve given up the cloak and dagger stuff…with you it simply doesn’t work. Remember how angry you were at me a few years ago when I had deliberately changed my mobile number on this day? And yet you found me…despite the fact that I was living on another continent using a local mobile service, you were still able to find me…


Angry as all hell, but you found me, and the call came through at eleven, local time, just as it had for many years before and has done ever since…I have never tried to test you or your determination since that night.


I would have called you, though…on that night I was determined to call you if you could not get hold of me. I never told you that did I? As if I would allow this one day in a year go by without speaking to you – it’s absurd…But it was irrelevant by the time my phone was ringing: I knew that you had found me – a few minutes later than usual – but, nonetheless, even before I answered I knew that it was you…


For one hour in the year I will tell you about what’s happening in my life – I wonder if an hour will be enough tonight; there’s so much I would like to tell you; so much that has happened since our last conversation – and you will be your usual vague self telling me everything yet nothing at all. I won’t even be privy to the fact whether it is the beginning or the end of your day… I am, after all, on a ‘need to know’ basis (you know how much I hate that statement – it’s so militaristic and, yet, it might just be the only indication I have as to whom you are these days and what you have become since you had disappeared so abruptly from my life twelve years ago).


For the first two years we never heard a thing from you, but, then again, we were all so caught up in the constant evolution of life as young adults that we took it for granted that some friendships would not survive the test of time. And yet, of all those with whom I had progressively lost contact during those years; it was you whom I had missed most in my life.


And, when you called – out of the blue – that very first time I was inordinately happy to hear your voice. Then, as now, you were extremely vague about your whereabouts.



All you would commit to was the comment that I wouldn’t believe what has happened to you during the past few years. And that I wouldn’t recognise you if you would walk up to me on a crowded side-walk and ask for directions. I believed you. Which is probably why, as improbable as it might seem, I’m always gracious towards those whom ask me for directions – after all, I can never know if that one person, strange and unlikely as it may be, might be you…


And yet, despite the discordance of our ritualistic and infrequent communications, I always enjoy hearing your voice. I’ve finally reached a stage where it is not vitally important to know where you are, what you do with your life or whom you spend your days with (I wouldn’t dare to ask in any case – I know well enough that you will only tell me what you want to). Hearing your voice and knowing that you are still alive and out there…somewhere…has become enough.


I have no idea what I will do on the day when I do not receive your expected call…


It was a few years after your abrupt disappearance from our lives when I had first been introduced to the work of W.H. Auden, the first poem I had read was his Lullaby… he died, by the way, less than a decade before I was born…


Lay your sleeping head, my love,
Human on my faithless arm;
Time and fevers burn away
Individual beauty from
Thoughtful children, and the grave
But in my arms till break of day
Let the living creature lie,
Mortal, guilty, but to me
The entirely beautiful.


I had found a resonance in his words…something I could relate to…even if it was but the youthful wistful-thinking of what may and might have been had life taken the road more frequently travelled than the ones we both chose to take at the divergence in the woods.


And yet I am still comforted by the sound of your voice. I have tried to analyse the whys and wherefores of it quite often… Maybe it is the reassurance of knowing that you are still alive and out there, somewhere, doing who-knows-what, wrapping yourself in the enigma of uncommunicative inaccessibility.


But, for one night of the year – at least – you allow the veils to reveal at least a part of who you are and of whom you have become. Even though it has always been more difficult to get a straight answer from you regarding anything than it is to send a man to the moon… There is a comfort – not to mention an expectation – in hearing your voice once a year.


Returning to Auden, in the past few years I have come to recognise the important role that you had played in my life when I had needed you most. I still need you, but we both know that the necessity of your occasional presence in my life is a totally different kettle of fish than it was up to five years ago – today I can keep on breathing when I think about you without the searing pain that use to dissect my being.


And yet, despite the changes and the development; the distance and occasionality of our relationship…friendship…connection (we will never be anything as trivial as acquaintances) … I still associate you – who you were, has been and use to be in my life; your participation and interest in my present and your goodwill and fellowship for my future – with the instinctive, gut recognition of Auden’s intentions when he wrote Funeral Blues…


Stop all the clocks, cut off the telephone, 
Prevent the dog from barking with a juicy bone, 
Silence the pianos and with muffled drum 
Bring out the coffin, let the mourners come. 

Let aeroplanes circle moaning overhead 
Scribbling on the sky the message He is Dead. 
Put crepe bows round the white necks of the public doves, 
Let the traffic policemen wear black cotton gloves. 

He was my North, my South, my East and West, 
My working week and my Sunday rest, 
My noon, my midnight, my talk, my song; 
I thought that love would last forever: I was wrong. 

The stars are not wanted now; put out every one, 
Pack up the moon and dismantle the sun, 
Pour away the ocean and sweep up the woods; 
For nothing now can ever come to any good. 


I can’t wait for eleven o’clock…
I can’t wait to hear your voice…
I can’t wait to say ‘Happy Birthday’…


He was my North, my South, my East and West, 
My working week and my Sunday rest, 
My noon, my midnight, my talk, my song; 
I thought that love would last forever…


I thought that we would last forever – I had thought that you were my everything… As with so many things in my lfe I was wrong…


The only thing I wish I did not have to do was to say ‘I love you’ to the eventual dialling tone…


It’s almost time… 


Semper Fi

Jammer, ekskuus, sorry ensovoorts…

Junie 7, 2010 in Sonder kategorie

Omdat ek nie antwoord op kommentaar nie.

Omdat ek nie kommentaar lewer nie.

Omdat ek nie blogs skryf wat die moeite werd is om te lees nie.

Dit gaan bietjie hectic aan die kant.

Ek is vir twaalf ure van die dag nie by die huis nie.

Ek merk vyf ure van die aand.

Ek slaap vir nog vyf of ses as ek gelukkig is.

Intussen moet ek ook seker maak dat daar iets is om te eet in die huis.

Dat die wasgoed en skottelgoed skoon kom.

Dat ek met my ma oor die foon praat en opgewonde, wakker en vriendelik klink.

En ek het ook net 24 ure in elke dag. 

(Ek wens daar was meer!)

Sodra ek weer net een werk het en my roetine bietjie ingeskop het sal ek weer blog met substansie.

Wees asseblief geduldig tot dan.

Dankie

DK