Soos ek reeds in my vorige blog genoem het, fassineer die Figes-saga my, maar nie juis as gevolg van die akademiese aspekte nie. En, ek dink dat dit dalk iets is waaroor almal wat anoniem blog/kommentaar lewer op die internet of resensies skryf begaan moet wees.
As hierdie net nog ‘n Jan Rap of sy maat was wat neerhalende kommentaar oor boeke kwyt geraak het sou hy (of sy) heel waarskynlik as ‘n leek sonder enige agtergrond, gravitas of gesag afgemaak word. Maar, die feit dat dit hoë profiel, gesaghebbende outeurs binne die historiese kringe van Britse akademici is wat daal tot op hierdie vlak van anonieme moddergooiery beteken dat die saak heelwat meer aandag trek as wat andersins die geval sou wees.
En dit is olie op die vuur van die debatte en besprekings wat die morele en etiese kwessies aangaande anonieme kommentaar en die regverdigheid van sulke kommentaar bevraagteken.
‘n Voorbeeld: The Observer vra juis vandag Should internet commentators use their real names?
Rachel Cooke voel ons moet: As we’ve learnt from the case of the historian Orlando Figes, caught posting spiteful Amazon reviews of work by his peers, people are inclined to be a lot meaner when no one knows who they are; and the more unpleasant comment boards and review sites become – the more full of spite, envy, and hatred – the less inclined those with anything truly worthwhile to say are to join in. Why waste your time constructing an elegant argument when the person who posts next is just going to give you the verbal equivalent of two fingers? Why tell someone something interesting, hush-hush, or heartfelt, if they’re just going to blow a raspberry at you, and call you “fat”? As for the effect that this behaviour has on life in the real world – on our manners, on what remains of our sense of decency and propriety – it cannot, surely, be benign. No one can pour out all that rage online and emerge from their office calm, kindly and reasonable – or not unless they are Patrick Bateman types, two-faced to an almost sociopathic degree. I find that my face grows hot just reading it. As for cowardice, yes, of course anonymous posters are cowards. It’s pathetic. The honourable thing to do is to put your name to bad reviews and all the other stuff, and if this makes your social life awkward – as it sometimes does for me – the upside is that, in future, you will think rather harder before you begin typing.
Ten dele stem ek met haar saam. En ek is seker dat enigeen wat al onder die skeermeslem tong van ‘n trol deurgeloop het ook met my sal saamstem dat daar niks meer onaangenaam is as sommige van die kommentaar wat daar op blogs gelaat word nie, veral nie wanneer dit ‘n persoonlike aanval op jou karakter of integriteit en nie op jou blog se inhoud is nie. ‘n Mens kan immers jou argumente verdedig. Karakter aanvalle, daarteenoor, laat ‘n mens magteloos en sonder enige verweer.
Maar, ten spyte daarvan, is ek meer geneig om met Aleks Krotoski se teenargument saam te stem: Here’s a little secret that anyone who’s been involved with the internet for more than five minutes has known for decades: there is no such thing as anonymity online. Yes, you can post a comment on a website under the pseudonym NoOneKnowsImADog, but there is no direct correlation between that and the virtual “barroom brawls” which are inspiring some newspaper editors to demand that readers who contribute to their sites use their real names.
In fact, forcing people to use their offline identities is counter-productive in online situations: it has been well-documented that interacting in virtual environments behind a pseudonym inspires more contribution, greater collaboration and increased participation from people who would otherwise rather stay silent than be identified.
The anti-anonymity brigade assumes that the cloak of the keyboard brings out the very worst in people because there’s no accountability in an identity vacuum. This belief, however, is purely anecdotal and is completely empirically unfounded. Really, what happens online is just the opposite: research shows that people are more willing to be open and honest and to help one another than to try to break down the virtual social order. Why? Because the web’s only currency is social capital, a highly subjective judgement about someone’s reputation, and what they can offer. In the high stakes of apparently anonymous settings like websites’ comments sections, people rely on perceptions of social capital to assess their own and others’ value. And this is only established through what you do or what people say about you.
Natuurlik kan ek nie anders as om hierdie argument ook toe te pas op ons eie gemeenskap nie. Die meerderheid Litnet-bloggers blog en lewer kommentaar onder skuilname. Maar, as jy na die Litnet-fine print kyk sal jy weet dat jy slegs anoniem mag blog indien jy jou werklike inligting bly Webvoet geregistreer het en in der ware ‘toestemming’ gekry het om wel onder ’n skuilnaam te blog. Ek wonder of dit steeds die geval is en tot die letter uitgevoer word? En wie onthou nog Melt se blitzkrieg van so twee jaar gelede toe alle anonieme bloggers gedreig is met verwydering van die blogs indien hul kontakinligting nie binne 24 uur aan hom verskaf word nie? [Ek onthou dit baie goed want DK wat haar mos nie regtig steur aan ‘onbenullighede’ soos fine-print nie, het natuurlik sonder aanvanklike toestemming anoniem begin blog en moes toe skarrel om my inligting by Melt te kry.]
Indien jy dié stipulasie wel sou ignoreer, is daar altyd ander metodes, insluitend IP adresse en dies meer (so word ek vertel deur my slim computer boffins en wetsgeleerde vriende) waardeur jy (alhoewel met ’n bietjie meer moeite) anonieme kommentators, bloggers en briefskrywers kan naspeur. Big brother is watching you – ja ons almal, of ons dit nou wil weet of nie.
Maar, die deel van Krotoski se argument waarmee ek die meeste saamstem is wanneer hy praat van the web’s only currency is social capital. Die waarheid van hierdie stelling word op ’n daaglikse basis op Litnet se blogs bevestig: As ’n mens kyk na dié gemeenskap is dit baie duidelik dat dit ’n kombinasie is van wat bloggers skryf, hoe hulle kommentaar lewer op mekaar se skrywes en dan weer reageer op die kommentaar van ander wat die stand van hul sosiale kapitaal bepaal.
Die ouens met die laagste sosiale kapitaal op die blogs is seker die trolle. Maar, met die laaste trol-verskynsel, het ek ’n duidelike verskuiwing bespeur in die algemene houding van bloggers teenoor die trol. Killing with kindness is waarskynlik die beste manier om die bloggers se houding teenoor die trol te beskryf. Min agressie, min persoonlike karakter aanvalle, min aandag. En diegene wat hul wel verwerdig het om te reageer op die kommentaar wat hulle ontvang het het met ’n mate van grasie reageer wat ek nog nie vantevore gesien het nie. In my enigheid het ek elkeen van hulle bewonder vir die strategie wat hulle gevolg het. En die trol? Wel, sy sosiale kapitaal het van die eerste oomblik af na aan die rooi grens gehuiwer en hy’t nogal vinnig verdwyn of hoe? Dalk genoegsame bewyse om die argument te staaf.
En indien hierdie tipe gedrag voortduur, ten spyte van waarskuwings en vermanings, is ons – almal van ons ongeag ons stand of statuur – wel binne ons regte om hierdie persone na te speur en te vervolg indien die saak van so ‘n aard is dat dit ‘n blogger se reputasie – persoonlik of professioneel – sou aantas. Ja, ek is bewus van die feit dat dit ‘n duur spulletjie is, maar ek vermoed dat daar ‘n dag sal aanbreek – gouer eerder as later as ‘n mens in ag neem hoe internet forums se gewildheid steeds internasionaal toeneem – dat iemand, dalk selfs hier in Suid-Afrika, eendag ‘n baanbreker saak teen die een of ander anonieme moddergooier aanhange sal maak wat as maatstaf sal kan dien vir wat aanvaarbare en onaanvaarbare kommentaar beskou kan word (selfs al weet die meeste van ons met ‘n bietjie gesonde verstand reeds wat dit sou wees).
Dit gesê, moet ek erken dat ek steeds glo dat daar plek is vir anonimiteit in die blog-wêreld. En ek stem saam met ene Porthos se kommentaar op die Observer debat wanneer hy sê: The key is our attitude to debate, discussion and discourse. We sadly don’t live in a liberal, open world where you can ask any question you like, simply to pose a new point of view, gauge responses and analyse an issue. This of course, is how all people learn: by testing ideas against others and assimilating the reactions. But officially we won’t admit this. We are apparently supposed to appear, fully formed with a full set of beliefs, principals and arguments, without testing them and – dare I say it – changing our minds.
Anonymity can protect us while we learn. Protect us from other people’s condemnations as we ask questions and test ideas. Now if we weren’t so uptight about hearing positions we find scary or offensive, then it wouldn’t matter. But, given the internet lasts forever, someone will be able to google your name and find everything ever posted under your name – forever. Even if it’s something you said twenty years ago and don’t even believe any more. Is that fair?
Wanneer jy begin blog onder ’n skuilnaam weet niemand wie jy is nie – tensy jy natuurlik self vir iemand daarvan vertel – en dit gee jou die vryheid om dinge kwyt te raak wat jy nie in jou daaglikse lewe kan/wil doen nie. As ek darem dink oor van die dinge wat ek in die ou dae van my base en huismaats hier kwytgeraak het… as hulle moes weet… Maar, die feit van die saak bly staan – die mense wat jou hier lees weet nie werklik wat in jou lewe aangaan en gebeur nie. Hulle leer jou ken slegs deur jou skrywes en hoe jy jouself aan hulle projekteer. Die persepsie wat gevorm word word eksklusief deur die blogger bepaal.
Wat natuurlik beteken dat jy ’n totaal ander karakter kan skep en projekteer as wat jy in jou daaglikse lewe projekteer. Maar ek vermoed dat dit bitter moeilik is om langtermyn te blog en steeds die illusie vol te hou – iewers sluip die waarheid wel in en plek-plek is die skeurtjies later sigbaar.
Mettertyd leer ken bloggers mekaar natuurlik. Hetsy julle mob, mail of PM. En dan is die spel natuurlik op die lappe. Die ontmoetinge en kennismaking beteken egter dat jy ‘n mate van jou anonimiteit verloor, want sommige bloggers kan nou ‘n naam en persoon aan die pseudoniem heg. En jy dink skielik twee keer oor sommige dinge wat jy dalk vantevore wél sou blog…of jy blog dit eenvoudig glad nie of jy verwoord dit anders as wat jy vantevore sou.
Ek dink byvoorbeeld aan ‘n blog wat ek destyds vir Paint a World with Words geskryf het oor geheime. (Wat aanvanklik as ‘n ‘ware’ bieg verhaal geblog is.) En die reaksie daarop. Want die storie was nie eintlik een wat by die geprojekteerde persona van my blog gepas het nie en dat mense ambivalent en onseker gevoel het oor die ‘bieg’ verhale wat ek vertel het nie, maar ook oor die kontras wat dié storie met my geprojekteerde beeld gevorm het.
Die groot vraag wat ek, na aanleiding van al hierdie dinge, myself afgevra het was: Sou ek nog steeds blog as ek dit onder my eie naam moes doen? My antwoord is sonder twyfel…nee.
My blog is immers ‘n plek waar ek met idees rondspeel, met genres eksperimenteer en my opinies vorm, aanpas en met ander deel. Sommige van hulle sou ek nooit binne my beroepskonteks kon uiter sonder om in die moeilikheid te beland nie – selfs al is die argumente geldig. En ek sou beslis nie wou hê dat die kinders vir wie ek skool gee toegang tot my blog moes kry nie. Come to think about it ook nie sommige van my kollegas en familielede nie. (Ek weet van baie bloggers wie se families wéét hulle blog, maar nie weet waar om na hulle te gaan soek nie. Of bloot nie belangstel nie.)
Daar is ‘n vryheid verbonde aan my anonimiteit wat ek geweldig geniet. Indien dit weggeneem moes word sou ek my skrywes en gedagtes weereens bloot in my dagboek neerskryf en dit daar los, waaroor ek baie spyt sou wees, want ek geniet dit om idees en opinies te deel met mense wat self ook sterk opinies het en ongeleeflike kreatiwiteit aan die dag lê. Selfs al doen hulle dit, nes ek, anoniem. En dit is waarom ek dink dat die Figes situasie dopgehou moet word, want die golwe wat as gevolg van die situasie deur die virtuêle wêreld gaan rimpel mag dalk net uiteindelik ook in ons eie blog-gemeenskap gevoel mag word.
Onlangse kommentare