“Naturally I am biased in favour of boys learning English; and then I would let the clever learn Latin as an honour and Greek as a treat. But the only thing I would whip them for is not knowing English. I would whip them hard for that.”
Maart 31, 2010 in Sonder kategorie
As hierdie woorde van Winston Churchill jou laat sug kan jy weet jy is in goeie geselskap. Die akademici van die Renaissance sou ook gefrons het. Ongelukkig om heel ander redes as ons…
As jy ‘n seuntjie was wat groot geword het in minstens ‘n middelklas huishouding, sou jy gelukkig genoeg gewees het om grammar skool toe te kon gaan of ‘n tutor by die huis te kon hê. As jy die kind van ‘n arbeider was moes jy ongelukkig help om die gesin se inkomste te bekom deur te help om die skape op te pas of op die lande te werk of die koeie te melk, daar was dan nie tyd om te leer lees of skryf nie. Dit het natuurlik ook nie gehelp dat ouens soos Sir Francis Bacon voorstaanders was van beperkte opvoedkundige geleenthede nie.
Maar, as jy nou gelukkig genoeg was om jou geleerdheid te ontvang was dit hoofsaaklik gefokus op lees en skryf en nie juis wat ons vandag as wiskundige opvoeding sou beskou nie. En daardie lees en skryf vermoeëns was geskoei op die studie van klassieke tekste. Die grootste deel van ‘n skoolseuntjie se dag is bestee aan die vertaling, ontleding en memorisering van LATYNSE TEKSTE. Na jy ongeveer drie jaar in die opwindende geselskap van die heer William Lily se Latin Grammar – die standaard teks voorgeskryf deur Henry VIII se regering – deurgebring het, sou jy retoriek bestudeer en leer om opstelle in Latyn te skryf. En net sodra jy gedink het dat die lewe nie veel erger kan raak nie het jy GRIEKS begin leer!
Hierdie dubbele vreugde van twee dooie tale was natuurlik noodsaaklik om jou verdere studies in vergelykende taalstudie van die twee en oratoriese ontleding moontlik te maak.
En hoekom is dit noodsaaklik? Wel, as een van die colleges van Oxford of Cambridge hul sou verwerdig om jou te keur as een van die gelukkige vierhonderd studente wat by elk van die twee universiteite studeer het was dit as vanselfsprekend aanvaar dat jy vlot sou wees in beide tale. Aan beide universiteite is verdere studies uitsluitlik in Latyn en/of Grieks voltooi. Net die idee dat studente kontemporêre letterkunde sou bestudeer as deel van die leerplan sou tot jou sumiere verbanning gelei het! Universiteitsleerplanne was baseer op tweeledige studies. Die trivium (gramatika, dialekte en retoriek) en quadrivium (algebra, meetkunde, astronomie en musiek).
En nog was dit einde niet. (Wel, tensy jy nou ‘n gegoede getitelde jong heer was wat die universiteit bloot as afrondingskool gebruik het voor hy homself gaan aanmeld het by die Tudor hof nie.) As jy moes wérk vir ‘n lewe – in die regte, siviele administrasie of die kerk moes jy nog verder gaan.
Indien jy, byvoorbeeld, die regte wou betree moes jy na die regskole in Londen gaan oftewel die Inns of Court. Praat nou van ‘n elite gemeenskap! Hier is ekslusief voorsiening gemaak vir gentlemen en géén beurse is beskikbaar gestel vir arm studente nie. Dit laat die broederskap van Kollege, Sonop, Taaibos (en die res van die Afrika fauna op Tuks) na blote kennise lyk. Hier het manne die belangrike toegang tot die sosiale, politiese en ekonomiese netwerke verkry en die belangrike kennise en vriende van jou generasie gemaak waarsonder jy nie ver sou kon kom op jy eie nie. As jy dus ‘n arm student was wat universiteit toe gegaan het met ‘n beurs was jou kanse om ‘n suksesvolle regsberoep na te volg amper ontmoontlik.
Die ironie van die saak is natuurlik dat slegs ongeveer 15% van die Inns se studente uiteindelik die regswese as beroep beoefen het.
En die girls? Wel, met ENORME uitsondering en as jy gelukkig genoeg was om ‘n way open-minded pa soos Lady Jane Grey te hê sou jy gelukkig genoeg wees om jouself in die volgende situasie te bevind:
Her parents, the duke and duchess, with all the household…were hunting in the park. I found her in her chamber reading Plato’s dialogue Phaedo in Greek, and that with as much delight as some gentleman would read a merry tale in Boccaccio. (Roger Aschman (1570) se beskrywing van sy ontmoeting met Lady Jane Grey.)
Maar selfs Lady Jane – met haar ongelooflike invloedryke pa – sou nie toegang tot ‘n grammar skool of universiteit nie. Die feit dat sy Grieks kon lees dui daarop dat sy ‘n private tutor gehad het wat haar ten minste in drie tale leer lees het. Of sy in al drie kon skryf is egter hoogs onwaarskynlik aangesien daar van die meeste meisies verwag is, nadat hulle leer lees het, om te fokus op meer ‘nuttige’ lesse – soos om borduurwerk te doen…
Onlangse kommentare