Aanmoediging vir Aspirant studente

Januarie 31, 2010 in Sonder kategorie

…unless you are a very singular person, you cannot be

said to have any “thoughts” at all; that you have no materials for

them, in any serious matters; –no right to “think,” but only to

try to learn more of the facts.  Nay, most probably all your life

(unless, as I said, you are a singular person) you will have no

legitimate right to an “opinion” on any business, except that

instantly under your hand.  What must of necessity be done, you can

always find out, beyond question, how to do…


For the rest, respecting religions, governments, sciences,

arts, you will find that, on the whole, you can know NOTHING,–judge

nothing; that the best you can do, even though you may be a well-

educated person, is to be silent, and strive to be wiser every day,

and to understand a little more of the thoughts of others, which so

soon as you try to do honestly, you will discover that the thoughts

even of the wisest are very little more than pertinent questions.


John Ruskin, Sesame and Lillies

Dis nou die tipe goed wat dosente jou gee om te lees en dan verwag hulle van jou om, met gravitas en insig, literêre kritiek te skryf oor die belangrikste werke in die Engelse Kanon – van Chaucer tot nou. 


Lewer jou kritiek, ontleed en analiseer maar onthou jy het geen reg om vir jouself te dink nie en jou opinie is niks werd nie, want eintlik het jy ook nie die reg tot ‘n opinie nie. 


Dank jou die duiwel.


Gelukkig luister ek mos selde na advies waarvan ek nie hou nie! 😉 En selfs al sê Victoriaanse heer Ruskin baie dinge waarmee ek saam stem, veral met betrekking tot krities lees, weier ek om hom toe te laat om my te intimideer of wys te maak dat ek nie geregtig is tot ‘n opinie van my eie nie. Ruskin plaas my immers op dieselfde vlak as Milton wat, volgens hom nie singular genoeg van ‘n persoon was om in dieselfde geledere as Dante en Shakespeare te tel nie. En selfs al is ek nie Milton se grootste fan nie is dit nie slegte geselskap om jouself in te bevind as een van die unsingular persons nie.


Nou moet ek net my eie pep-talk begin glo en my Norton Anthology nader sleep.

3 antwoorde op Aanmoediging vir Aspirant studente

  1. DallaSePa het gesê op Januarie 31, 2010

    man … ou vraestelle …

  2. loudavisi het gesê op Januarie 31, 2010

    Ek het volle vertroue dat jy bestaande reels vinnig na jou smaak sal verander en die ander daarvan sal oortuig.

    Go girl!

  3. john se konsep van singularity in sy tydsgleuf verwys nie dalk na ‘n minimum vlak van selfbewussyn of introspeksie nie-vermoed dit was raar in sy tyd.Die blote omgang met die teks suggureer dalk dat die leser wel aan daardie minimum voldoen en dus geregtig is op ‘n opinie op voorwaarde dat dit die produk is van denke waarin die self nie te sterk subjektief (that instantly under your hand) figureer nie.Dus ‘n oproep tot selfbewussyn.Die ‘aantyging’teennoor Milton dalk oor die long windednes van lg?Ek weet nie,reageer maar op gevoel-ken nie Victoriaanse letterkunde

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.