Studies ensovoorts

Januarie 26, 2010 in Sonder kategorie

Dit was Percy Bysshe Shelly wat gesê het The more we study the more we discover our ignorance.  Hy laat dink my altyd aan my gunsteling Engelse Prof op Varsity wat self redelik berug was vir sy uitspraak Ignorance is bliss; it’s knowing that you don’t know that causes most of our problems.

Ek het rede gehad om aan Prof Finn te dink vandag. En heelwat tyd op die koop toe terwyl ek twee ure by Unisa verwyl het vanmiddag. Ten minste was dit ‘n vrugbare middag. DK is nou weer amptelik student…


Study is the bane of childhood, the oil of youth, the indulgence of adulthood and a restorative in old age het ene Walter Savage Landor kwyt geraak. As ek nie skool gegee het nie sou die eerste deel nooit vir my sin gemaak het nie. Soos Willemien dit beskryf het: Ek was mos altyd maar ‘n pliggie gewees. En skool was vir my lekker. Maar ek wonder oor die middelste deel van hierdie aanhaling…


Is ek steeds besig met die oil of youth of is hierdie swottery van my die indulgence of adulthood? Wanneer is youth verby en begin adulthood? Glo my, op die oomblik word daardie vraag meer as ooit vantevore bepeins in my stilligheid. Die jaar se verjaarsdag is mos ‘n waterskeidingsjaar. Of so sê diegene wat reeds daar deur is.

Ek giggel altyd as ek hierdie poskaart uit my souvenir boks haal. Het hom destyds in Oxford gekoop en my verkneukel aan studente filosofie.

Maar die woorde van Henry L. Doherty bly my altyd bemoedig en aanmoedig:
Get over the idea that only children should spend their time in study. Be a student as long as you still have something to learn, and this will mean all your life.

 

(NS: Ek kry skielik glad nie meer kennisgewings van kommentaar wat gelewer is in my epos nie. Is ek die enigste een wat sukkel?)

19 antwoorde op Studies ensovoorts

  1. pasella het gesê op Januarie 26, 2010

    Vergeet die silly sillogisme, niemand kan jou gelerentheid van jou wegvat nie, soos my ouma altoos gesê het. Go for it!

  2. Baie skerp …

  3. Onthou net Vriendin … jy moet nog tyd maak vir … “Kinders by Dosyne” …

  4. Berwick het gesê op Januarie 26, 2010

    Ek hou van daai poskaart!

  5. Ja wat Lewies, dit bly goed vir ‘n mens 🙂

  6. Ek probeer op die oomblik beide 🙂

  7. Ek het mos NOU my beurt met die dosyne kinders! Sodra ek klaar geswot het is ek klaar met die gruwelooslike goed 😉

  8. Ek ook Berwick 🙂

  9. veralda het gesê op Januarie 26, 2010

    prof finn, kry ek nou koue rillings. en molly brown en prof tittlestad. HELP

  10. hy werk vir my ook

  11. louisna het gesê op Januarie 27, 2010

    Pragtig. Sterkte met die Baccalaurius Honores in Brits.

  12. zephur het gesê op Januarie 27, 2010

    Ok gou vissies gevoer…

    Ja ons leer ons lewe deur…verskillende info vir verskillende stadiums. As ek net kan onthou wat ek leer…(jip soos daai poster van jou)

  13. Ek was MAL oor Finn. Tittlestad gee my nog steeds nagmerries 🙂

  14. Dankie!

  15. En dit maak nie vet nie! 🙂

  16. Beslis Leon! En dankie 🙂

  17. O Verseker Ghaap. Selfs al weet ek ek gaan die een of ander tyd moan en wonder hoekom ek dit nou weer doen!

  18. Dankie Zep!
    Die goed wat ons vergeet is gewoonlik nie die moeite werd om te onthou nie 😉

  19. Ek ook Oom Flenters, ek ook! 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.