Weggooi Waterkatedraal Woorde

Januarie 25, 2010 in Sonder kategorie

It was a woman’s voice; but it could have been an adolescent imitating a woman, or a woman imitating an adolescent.
‘What is it?’ he asked. ‘Hello. Hello. Hello.’

Daar’s ‘n plek wat ek van weet
Sonder sorge, sonder pyn, sonder leed
die pad daarheen is ongekaart
die reis daarheen is sonder vaart
en daar is rusplek langs die pad

[Die waterkatedraal se kerse word die derde nag in ‘n ry aangesteek. ‘n Uitsonderlike gebeurtenis. Gewoonlik is ‘n weeklikse sessie genoegsaam om die gees te lawe, die week vol in die oë te kyk, elke dag op meriete aan te pak. Hierdie is nie so ‘n (na)week nie.]

‘I had to talk to someone; I can’t sleep. I had to call someone.’
‘You have something to confess?’ echoed the voice incredulously; this time, the ascending tonalities unmistakably feminine.
‘Don’t you know who I am?’
‘No. I just dialled blindly. I’ve done this before. It is good to hear a voice in the middle of the night, that’s all.’

Die son se geel word jou sambreel
op jou reis tot waar die pad se vurk verdeel

[Soms bereik ‘n mens mos ‘n vurk in die pad. Dis meer frustrerend as ‘n cul de sac. Ten minste weet jy dan dat jy moet omdraai. Met ‘n vurk loop jy die gevaar om net daar vas te steek en te bly staan. In twee geskeur deur die onsekerheid wanneer jy nie weet watter kant toe jy nou moet wik of weeg nie.]

‘Why a stranger? You could call a friend.’
‘A stranger doesn’t ask questions.’
‘But it’s my profession to ask questions.’

Die een se slingerspoor word dof
waar dit wegloop in die stof
maar die ander lei tot hier

[Daar is veiligheid te vind in die mate van anonimiteit wat jy in hierdie plek ervaar. Die Pavlov reaksie geskep deur die aanvanklike vrymoedigheid wat jy gehad het om jou gedagtes en drome en vrese hier te ontbloot waar jy as persoon nie geweeg en te lig bevind kan word nie. Want wat weet ‘n klomp anonieme mense wat agter avatars skuil dan van die regte jy? Maar mettertyd verdwyn hierdie anonimiteit…leer ken jy mense wat eens net woorde was…en leer hulle jou ook ken. En selfs al besef jy dat jy nou eintlik jou woorde moet tel, netnou lees iemand wat jou heeltemal te goed ken tussen die lyne deur wat jy eintlik probeer verdoesel, lei die pad van erkenning op die ou einde weer regstreeks na die plek waar jy eens jou ontvlugting gevind het. Glo en vertrou jy dat diegene wat jou reeds met ‘n gesig in plaas van blote woorde assosieer die diskresie sal hê om jou privaatheid ook hier te respekteer waar jy die vryheid van vingers oor ‘n sleutelbord los laat bars.]

‘Who are you?’
‘A lie detector.’

‘But you do not practise your profession over the telephone!’
‘It’s true. Yet you wouldn’t have called me if you were innocent. Guilt is one burden human beings can’t bear alone. As soon as a crime is committed, there is a telephone call, or a confession to strangers.’

Want hier sal jy vind
dat jy steeds deur die oë van ‘n kind
Die lewenspel speel,
Granate van onskuld kan deel;
om weer vir ‘n oomblik die kennis  van kwaad te ontken
Om weer te kan glo
wat jy het is ‘n gawe van bo

[Die behoefte om soms net eenvoudig los te laat, come hell or high water, is net te sterk. Diskresie en impuls beheer vlieg by die oop venster uit waardeur die donkerte sypel, die ou vertroueling wat jou nog altyd omring het in tye toe jy nie die lig aan die einde van die tonnel kon of wou sien nie. In die donker kan jy immers altyd jou gesig wegdraai van die fel lig van kritiek, oordeel, oorweging wat deur ander oor jou uitgespreek word. En hoef jy nie te wonder wat volgende gaan gebeur nie. Aan die einde van die donker sal die son mos weer skyn. En as dit nie gebeur nie… Die donkerte het immers nog altyd ‘n veilige hawe versinnebeeld.]

‘There was no crime.’
‘There is only one relief: to confess, to be caught, tried, punished. That’s the ideal of every criminal. But it’s not quite so simple. Only half of the self wants to atone, to be freed of the torments of guilt. The other half of man wants to continue to be free. So only half of the self surrenders, calling out “catch me”, while the other half creates obstacles, difficulties; seeks to escape. It’s a flirtation with justice. If justice is nimble, it will take care of his own atonement.’
‘Is that worse?’

Daar’s ‘n winterlose oord
waar ‘n mens nog steeds die ure ongestoord
op die telraam van die tyd
sonder spyt of klein verwyt
soos seisoene af kan tel

[Laat los, gooi oop die deure, grawe in die stowwerige kiste van onthou. Ruk alles uit. Staar jou verlede, hede, toekoms vol in die gesig. Selfs al is dit nie die gesig wat jy altyd gedink het dit sal wees nie. Elke dag, maand, jaar, dra die gesig ‘n nuwe masker. Kyk in die spieël. Herken jy die geveinsde bekendheid wat na jou terug staar? Ek het nie so gedink nie…]

‘I think so. I think we are more severe judges of our own acts than professional judges. We judge our thoughts, our intents, our secret curses, our secret hates, not only our acts.’

Knip jou deur se grendel dig
sluit jou vensters en jou luike teen die lig

Pak jou drome vir die reis
jou hart sal jou die kronkels wys
om ongeskonde hier te kom

[Soms gebeur dit dat jy, per ongeluk of doelbewus, besef dat die weerkaatsing alleen nie meer genoeg is om die antwoorde te voorsien nie. En Ruth se woorde maak skielik sin…
I’d just like to hear…Someone else…Breathing…In…The…Darkness…]

She hung up.


2 antwoorde op Weggooi Waterkatedraal Woorde

  1. Slim suster!
    Nes jy kan…
    xx

  2. veralda het gesê op Januarie 26, 2010

    en soms net soms dan wonder ek

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.