Omkoop geskenke en versoekings uit Johannesburg

Januarie 23, 2010 in Sonder kategorie

PmP22 Jan 2010, 12:09  ek moet donderdagaand die cosmo sexiest man event bywoon en saam met die april finalis – ‘n gimnas – genaamd Dean Ennion in ‘n sportmotor rondcruise – hy is die passasier, ek is agter die stuur, Droom, wil jy plekke met my ruil en bly vir pruim se braai?


Sjoe, dis nogal scary om te dink wat party mense sal doen om hulle sin te kry 😛

Dat hulle selfs sover sal gaan om die hulp van ander bloggers ook in te roep…


PmP, ek moet sê, jou aanbod lyk baie belowend.


Ja, DK besit wel die nuwe Cosmo kalender 😉


1.8m lank, gimnas, single en wonder, bo wonder, straight. Glad nie te onaardig nie.


Maar Poppie, jy het die belangrikste detail vergeet…


 

 

HOE LYK DIE SPORTMOTOR??? 😉


10 antwoorde op Omkoop geskenke en versoekings uit Johannesburg

  1. Gewonner wanneer kom daai vraag? Ja? Hoe lyk die kar?

  2. Die man of die kar Ghaap? 😉

  3. Hoekom dink jy wil ek weet van die motor? Met die specs in die hand weet jy ten minste wat om van ‘n kar te verwag! 🙂

  4. Ek’s bly iemand dink soos ek dink! 🙂

  5. Bliksem DK … is dit jy wat hier gepost het?!
    ;-))
    Ekke like !!

  6. veralda het gesê op Januarie 24, 2010

    die sportmotor: plat en vinnig onbeskaamd japanees met hope testosteroon. rooi of silwer, 245 kilowatts teen 7000rpm, 363 Newton meters se wringkrag teen 5300rpm 0 -100 in 5.3 sekondes, R500 000. Automaties met syncrorev en ‘n 12 luidspreker Bose klankstelsel. Hoelykit – ek het ‘n foto geplaas daar by my in die winter een of ander tyd.

  7. gidivet het gesê op Januarie 24, 2010

    Soos gewoonlik het jy jou prioriteite in orde.

  8. oooooooooo my hart breek, immers het ek bostic om dit te plak …………wel, my droom, ek mag net hhhhooooooopppp

  9. oooooooooo my hart breek, immers het ek bostic om dit te plak …………wel, my droom, ek mag net hhhhooooooopppp

  10. oooooooooo my hart breek, immers het ek bostic om dit te plak …………wel, my droom, ek mag net hhhhooooooopppp

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.