Faceoff: Wanneer Drome en die Werklikheid mekaar in die oë staar

Januarie 22, 2010 in Sonder kategorie


Lank, lank gelede, dit voel soms soos ‘n ewigheid, het ek bright eyed and bushy tailed as eerstejaar op Tuks my studies in uitgewerswese begin. Aan die einde van daardie vyf jaar pad het ‘n wit gebou met twee-en-twintig verdiepings gestaan as die droom eindbestemming.

Die toring van die Naspers gebou het daar op die horison bly wink. En, nes die meeste van my klasmaats, het ek ook geglo dat my loopbaanpad eendag daar sou eindig.

Dit was immers al wat ek my lewe lank wou doen…om met boeke te werk. Maar soms loop die pad ‘n onverwagse draai met jou en voor jy die droomstof uit jou oë kan vee bevind jy jouself in ‘n realiteit waarin die boeke waarmee jy werk die voorgeskrewe soort is of oefeningboeke wat nagesien moet word. En so nou en dan – as jy baie gelukkig is – kry jy die geleentheid om ‘n manuskrip onder hand te kry wat jou ‘n sprankie van die droom kan laat uitleef. Dis nou wel nie die droom van ouds nie, maar iewers langs die pad word drome dikwels vervang deur die praktiese realiteite van leef en oorleef…

En dis nie noodwendig bloot berusting nie; ‘n mens kan wel die alternatief ook geniet. Ek weet, want ek geniet my werk (die meeste van die tyd).

Maar vandag het die droom van ouds en die realiteit van vandag se paaie mekaar kortstondig gekruis toe ek ‘n paar uur in Die Burger se kantore moes deurbring in die hart van die wit gebou waaroor ek vir jare gedroom het. Ek was so gefokus op die taak wat binne rekordtyd verrig moes word dat die droom van destyds nie eens voor die tyd bewustelik herroep is nie. Maar die oomblik toe my voete oor die drumpel trap het ‘n vreemde gewaarwording my getref. ‘n Gevoel van geborgenheid. Die gevoel…jy hoort in hierdie wêreld.

Dis die gevoel wat die vraag indringend by jou laat vassteek: Wat maak jy met jou lewe? Ja, ja, ek weet, daar is ‘n menigde edele, grondige en geldige antwoorde op hierdie vraag. Ek hou van die onderwys en ek nie ‘n slegte onderwyser nie.

But there is a vast difference between excellence and passion.

Selfs wanneer ‘n mens se lewensfilosofie dit van jou vereis dat jy altyd jou alles moet gee, ongeag wat jy doen. En ek doen, lééf dit ook met oorgawe. Maar ek doen dit wetend dat my passie, my hart, nie werklik in die klaskamer is nie. Volle oorgawe ten spyt.


Die feite spreek vanself. Want, die feit van die saak bly dat ek werklik in my element is die dag wanneer ek editor, taalversorger (in Engels natuurlik!), samesteller of kritikus kan speel met ‘n manuskrip wat goedgunstiglik in my sorg geplaas is. Wil jy my nou sielsalig gelukkig sien? Gee dan vir my ‘n stapel dubbel-spasiëring gedrukte bladsye om mee te werk. (‘n Random thought: By die eerste skool waar ek ‘n pos aanvaar het was my bynaam mos Dingaan… die kinders het gesê dit lyk asof die Slag van Bloedrivier oor hulle opstelle geveg is teen die tyd wat ek dit klaar gemerk het. Dit sal niemand hier rond verbaas as ek erken dat ek die meeste van die tyd dié opstelle gemerk het met my editor cap aan en na die tyd ‘juffrou’-punte daaraan toegeken het nie!)

 

Na hierdie gedagtes die heel dag lank in my kop rondgemaal het, kuier ek by ‘n ou Varsity vriendin wat onlangs Kaap toe getrek het. Ek en LMG het mekaar in ons eerste jaar in ‘n ander wit gebou met twee-en-twintig vloere leer ken in die dae toe die drome van ‘n toekoms in die wit gebou in Kaapstad nog helder deur ons almal se are gepols het.

Don’t ask me why, maar daar is ‘n eerlikheid gestroop van enige vorm van pretensie tussen twee mense wat dieselfde drome gehad het en steeds tot ‘n mate hunker na die vervulling van daardie drome, selfs al is julle nie seker hoe julle die punt bereik het waar julle julself nou bevind nie. Die onderliggende vraag kan met meer vrymoedigheid in sulke geselskap bespreek word as elders: Is dit tyd om die droom te laat vaar of moet ons eerder iets daadwerkliks doen om ten minste nog een poging aan te wend om die droom te laat realiseer, selfs al is dit nie in die vorm van die wit gebou waaroor ons eens gedroom het nie?

Terwyl ons gesels het, het ek ‘n paar dinge agtergekom: Die werksgeleenthede wat ons die meeste geniet het tot dusver was die wat ons in ‘n mate toelaat om ons oorspronklike passie uit te leef – self al was/is dit op klein-skaal soos om nuusbriewe of studiegidse te skep. Ons werk laat ons altwee toe om hands-on met taal om te gaan (ironies genoeg het beide van ons Afrikaanse agtergronde, maar leef ons hoofsaaklik in Engelse wêrelde). En ten spyte van alles is nie een van ons gereed om nou al die droom prys te gee nie.

 


Ek weet al lankal dat ek besig is om te werk na ‘n aangepaste weergawe van hierdie oorspronklike droom. Die feit dat ek nou weer begin studeer in ‘n rigting wat my huidige kwalifikasies komplimenteer en aanvul is ‘n duidelike teken dat ek steeds na alternatiewe soek om die droom te kan leef. Selfs al weet ek dat die kanse feitlik nul is dat ek ooit ‘n corner office with a view in daardie wit gebou sal hê.


Drome behels immers verskeie fasette. En soms is dit nodig dat drome so bietjie bewerk moet word om ‘n werkbare alternatief te kan vind.


Maar ek weet ook dat drome en passie heeltemal te kosbaar is om goedsmoeds op te gee. En ek weet dat ek nog glad nie bereid is om moed op te gee met my droom nie. Selfs al moet die droom so bietjie van ‘n gedaante verwisseling ondergaan.

But, mark my words, ek het met die uitstap vandag ‘n voorneme gemaak teenoor myself: As dit van my afhang sal daar nog ‘n dag aanbreek waarop ek nie net as bloot ‘n anonieme besoeker daardie wit gebou sal betreë nie!


28 antwoorde op Faceoff: Wanneer Drome en die Werklikheid mekaar in die oë staar

  1. ek bid vir jou maar belowe niks… regtig

  2. Berwick het gesê op Januarie 22, 2010

    Die Naspers-gebou… nou bekommer ek my oor jou, Droomkind. 😉

    But seriously: Die mooi wat jy hier skryf. Go for it!

  3. Lank ma lekker!

  4. Glo my, ‘n mens is nooit te oud om daai droom te gaan soek nie. In fact, jy is seker oud as jy ophou droom!

  5. natter het gesê op Januarie 23, 2010

    As die droom jou nog nie laat gaan het nie – hou vas daaraan. Dinnk aan jou

  6. My dogter is in haar tweede jaar van BIS Publishing. Wens eintlik dat ek dit saam met haar kon gaan swot. Met jou toestemming gaan ek jou inskrywing print en dit vir haar gee om te lees.

  7. Jy sal nie net daaroor bly droom nie, Droomkind.
    xx

  8. Neander het gesê op Januarie 23, 2010

    Carpe Diem, jy sal nie ‘n anonieme besoeker wees nie.

  9. Ek het die week so vae idee in my agterkop gekry om net aan te hou droom. Drome word waar. Nie soos in die strokiesprente, met sterretjies en goedjies en “wap” daar’s als mooi en reg nie.
    Dit gebeur soms so stadig en stil, dat jy dit eers agterna besef.
    Hou aan droom.

  10. louisna het gesê op Januarie 23, 2010

    Weer eens pragtig. Jou (en my) alma mater slaan deur in jou skrywes. Ek was bevoorreg om deur Prof Elize Botha in die Afrikaanse letterkunde onderrig te kon word. Wat ‘n formidabele vrou! Haar interpretasie van PG du Plessis se Hertzogprys-bekroonde “Siener in die Suburbs“ was een van verskeie kragtoere wat my na al die jare steeds helder bybly. Die temas van die liefde wat sy so sielvol en meesterlik oorgedra het weerklink dekades later steeds in my gedagtes. Suid-Afrika het ’n sielvolle intellektuele reus verloor. Prof Elize ons salueer jou.

  11. Carpe diem suster!

  12. Thanks for the flowers! 🙂

  13. Ketties is gevaarlike speelgoed vir meisies wat nie kan korrel nie 😉

  14. Beloftes is nie nodig nie. Dankie Verskriklik!

  15. Moet jy nie dalk so bietjie oor jouself ook worry nie Mmm B? Of is my vermoedens dat jy vir die media reus werk ongegrond?
    I’m going 🙂

  16. Jy slaan die spyker op sy kop!

  17. Dankie DsP!

  18. En ek droom mos die meeste van die tyd :))

  19. Dankie Natter!

  20. Jy’s welkom om dié vir PVMH te print Thomas 🙂

  21. Dankie Lou
    xxx

  22. Ek werk daaraan Neander. Glo my 🙂

  23. ‘Dit gebeur soms so stadig en stil, dat jy dit eers agterna besef.’
    Mooi gestel Kerneels. En baie waar woorde. Dankie.

  24. Dankie ouboet. En jy was baie bevoorreg gewees!

  25. Murphy, ek twyfel of ek my heil in daardie wit gebou gaan vind. Maar daar is ook vele ander moontlike paaie wat uiteindelik die droom kan verwesenlik. Dankie vir die aanmoediging!

  26. Met altwee hand! 🙂

  27. louisna het gesê op Januarie 23, 2010

    Inderdaad.

  28. veralda het gesê op Januarie 24, 2010

    bel my dan gee ek vir jou die name van ‘n paar siele in daardie gebou wat vir jou ‘n paar dinge kan vertel, dalk ‘n deur of twee kan oopmaak vir ‘n ‘sneak preview’ – een van hulle is ‘n baie aanvallige bachelor wat ‘n lang rooikop vrou soek.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.