Mans, kinders and putting your feet up

Januarie 21, 2010 in Sonder kategorie


Ek het vanaand weer so stukkie van ‘n ou fliek gekyk…maar ook net totdat ek hard en duidelik die boodskap van die Katelaan gekry het dat ek hom eintlik LANKAL moes bel. Daar word hoog en laag gesweer dat ek gesms en ge-email is, maar my inboxe, die hele lot van hulle, het nie ‘n enkele boodskap van ene meneer Fourie in nie.


In elkgeval… voordat ek aan die lag gegaan het oor die blatante skimpe om gebel te word, het ek toe die fliek sit en kyk en gewonder oor die ding met mans en kinders. Daar is net eenvoudig iets aan hierdie kombinasie, don’t ask me why. Selfs vir my wat glad nie kinders wil hê nie.

(Laasgenoemde feit het sy redes, spaar asseblief jouself die moeite om my te vertel dat die biologiese klok nog sal begin beier, dat dit elke vrou se geboortereg is om kinders te baar, dat ek later anders daaroor sal voel of dat ek ‘n wonderlike ma sal wees. I’ve heard it all before. En, glo my, dit maak nie ‘n snars van ‘n verskil nie. Spaar jou asem.)

Maar selfs ek wat onder alle omstandighede babas vermy ervaar ‘n aaw-sweet oomblik wanneer ek ‘n man en kind kombinasie sien. En dit herinner my altyd aan ‘n greep uit my vroeë tiener jare.

Met ‘n laatlam tannie aan moederskant is ek dertien jaar ouer as my jongste niggie. En my oudste neef is ses jaar ouer as ek. Ek onthou een hoogsomer dag, Laatlam se laaste was nog net ‘n paar maande oud, wat dit gebeur het dat ons gelyktydig aan huis by hulle gekuier het. Ek het buite gespeel met die ouer boetie en sussie van baba terwyl neef voor die TV gesit het, binne hoorafstand van baba se cot terwyl Laatlam tannie gou winkel toe is. Toe ek ingaan kombuis toe om koeldrank te gaan haal vir die spelers buite lê neef uitgestrek op sy rug met baba niggie wat sussend vasgehou word op sy bors.

Daardie prentjie bly steeds by my ingeprent. Neef is en was nog altyd een van my heel gunsteling mense in die hele wye wêreld en was op die punt om (vrywilliglik) by die weermag aan te sluit. Teen daardie tyd was hy, vir diegene wat die somme sou wou doen, al oud genoeg om self pa te kon wees van so ‘n klein dingetjie, ten spyte van die inherente onsekerheid wat alle jongmense wat op die grens van volwassenheid staan oorval. En tog was hy instaat daartoe om, sy skugterheid ten spyt, hierdie kleine dingetjie op te tel uit haar cot en haar op sy bors aan die slaap te sus. 

Toegegee, daardie drie laatlam toevoegings tot die familie het al die neefs en niggies vinnig geleer om hand by te sit. Ek het op agt reeds die eerste van die lotjie se doeke leer aansit. En die einste word deesdae gereken as volwassene…

Ek dwaal van die punt af. Mans en kinders and putting your feet up.

Daar is ‘n subtiele sub-teks aan ‘n man wat man genoeg is om hom oor ‘n weerlose lewe te kan ontferm. En dis nie noodwendig so eenvoudig as om die boodskap oor te dra dat hy ‘n goeie pa vir sy eie kinders sal wees nie. Dit lei dikwels tot die herkenning van ‘n alpha-mannetjie wat sterk genoeg is en die selfvertroue het om ook ‘n ander aspek van sy samestelling te openbaar.

Vrouens word nou wel as die versorgers van die samelewing beskou, maar soms het ‘n vrou ook ‘n behoefte daaraan om vertroetel, vertroos en verwen te word. En as ‘n man daartoe instaat is om hierdie vermoë met vaardigheid te bewys teenoor ‘n kind, is dit bitter moeilik om nie te wonder hoe hy teenoor jou as vrou sal optree wanneer jy die dag ook ‘n behoefte het aan dieselfde sorg en vertroeteling nie. Of ‘n vrou dit nou wil erken of nie, daar word onder sulke omstandighede maklik ‘n gelykstellende vergelyking getref. Of dit nou ten goede is of nie.

En as jy dit dan nou nie het nie?

Wel, dan sorg ‘n girl vir haarself. Dis dan wanneer sy haar voete van die grond af lig, wanneer sy haarself indulge met chic-flieks, sjokolade en ‘n boks tissues byderhand omdat sy weet dat dit belangrik is om ook na haar eie behoeftes om te sien.

 

 

7 antwoorde op Mans, kinders and putting your feet up

  1. natter het gesê op Januarie 22, 2010

    Goed gestel 🙂

  2. Dankie Tronks 🙂
    Die wit dingetjie is in der waarheid die koffie perkoleerder wat in my studeerkamer staan!

  3. Dankie!

  4. The bobcat is most certainly in your neck of the woods… can’t you see the puffs of dust he’s kicking up in the vicinity? 🙂

  5. Og Leon, al daardie goed wat jy nou opgenoem het, het ek reeds as vanselfsprekende byvoordele aanvaar! 😉

  6. Jaaaaa jong *sug* 😛

  7. Jy praat maklik jong…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.